Die roman van Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuutste avontuur-roman, Vir Altyd, is onlangs in die Paarl by die Afrikaanse Taalmonument bekend gestel.
Die geleentheid het afgeskop met ’n gesellige gesprek met die twee skrywers van die fliek en François Bloemhof, wat die draaiboek in ’n roman omskep het. Aanhangers en belangstellendes het bankvas gesit om te hoor waarmee Donnalee en Ivan ná die sukses van Pad na jou hart vorendag gekom het.

François Bloemhof, Donnalee Roberts en Ivan Botha FOTO: Die Afrikaanse Taalmonument
Hulle het vertel waaroor Vir Altyd gaan en verduidelik die roman verskil van die fliek met die dat daar méér agtergrond in is. “Ons het seker ses draaiboeke vir Vir Altyd geskryf,” het Donnalee gesê. “Indien ons dit alles in die fliek moes insluit, sou die fliek 6 uur lank wees!” Daarom het hulle, net soos met Pad na jou hart, weer vir François gevra om die draaiboek in romanvorm te herskryf en só die storie verder uit te brei.
Op die vraag waarom hulle die boek bekend stel vóór die fliek begin wys, antwoord Ivan hulle gee nie noodwendig die storie weg in die boek nie. “Ons glo daarin om lank voor die tyd mense bewus te maak van ’n nuwe fliek sodat soveel moontlik mense dit gaan kyk. Die boek is deel van daardie bemarking.”
Die Afrikaanse Taalmonument is een van die vennote vir Vir Altyd en sekere tonele in die fliek is daar geskiet. Donnalee se karakter, Nina, is ’n sprokiesboek-skrywer en het haar eie boekwinkel by die Taalmonument. Daarom was dit heel gepas dat daar ook ’n Vir Altyd-bankie, wat oor die pragtige uitsig vanaf die monument uitkyk, ingewy is tydens die boekbekendstelling.

FOTO: Die Afrikaanse Taalmonument
Ná afloop van al die verrigtinge het almal lekker saam piekniek gehou in die maanlig by die Afrikaanse Taalmonument. Donnalee, Ivan en François het boeke geteken en lekker saam met almal gekuier.

FOTO: Die Afrikaanse Taalmonument

FOTO: Die Afrikaanse Taalmonument

FOTO: Die Afrikaanse Taalmonument
Vir Altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE is ’n trotse mediavennoot.
Blaai deur die galery vir nóg foto’s
Kyk die lokprent hier van Vir Altyd hier:
Lees ook
- Joshua na die Reën sing ‘Vir Altyd’ se temalied! Hier is ’n voorsmakie
- Vir Altyd: Ontmoet die karakters
- Agter die skerms op Vir Altyd se stel
The post FOTO’S: ‘Vir Altyd’-roman bekend gestel appeared first on SARIE.