Moed, dapperheid en kameraadskap … Dit, en soveel meer, word aangespreek in die komende plaaslike film Modder en Bloed.
Dié Afrikaanse Anglo-Boereoorlogprent vertel die storie van hoe Boerekryger Willem Morkel se vrou en enigste kind deur Britse soldate vermoor word. Willem word gevange geneem en verban na die eiland St. Helena, waar ander Boere ook as krygsgevangenes aangehou word.
Dis onder dié haglike omstandighede dat Afrikaner-manne saamstaan en soos familie word. Dan aanvaar Willem ’n aanbod wat sal lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewens…
Modder en Bloed se indrukwekkende rolverdeling sluit Suid-Afrikaanse en Britse spelers in. Verskeie plaaslike akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger en Bok van Blerk verskyn in die film, terwyl die Britse rolverdeling Charlotte Salt, Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers insluit. Sean Else is die skrywer, regisseur en vervaardiger.
Die fliek word in samewerking met kykNET Films en die departement van handel en nywerheid uitgereik.
Modder en Bloed begin 1 April 2016 landwyd in teaters draai, maar kyk solank na die lokprent.
Lees ook
- LOKPRENT: Trouvoete
- KYK DIT EERSTE! Vir Altyd se lokprent
- LOKPRENT: Maya die by word nou ’n filmster
The post LOKPRENT: Anglo-Boereoorlog film, ‘Modder en Bloed’ appeared first on SARIE.