Sanger Joe Foster het reeds aandag getrek met “Pad na jou hart”, die temalied van die trefferfliek met dieselfde naam. Nou het hy sy nuwe musiekvideo, “Vir jou gemaak”, ook bekend gestel.
Dié lied is ’n enkelsnit van sy album Hartklank – én hy het ʼn aanlyn winkel wat ook Hartklank heet.
“Ek het ʼn passie vir produkte en om ’n winkel te hê. En het gedink die aanlyn mark is ʼn lekker plek om te begin en kreatief te wees,” vertel Joe. Die winkel verkoop sy eie CD’s en ander produkte soos seep, skeergoed en kos. Besoek die winkel by www.hartklank.co.za
Vir jou gemaak
“Ek het die musiekvideo by Brenton-on-Sea (naby Knysna) geskiet. Ek het die liedjie juis langs die see geskryf, want daar op die strand het ek gewonder waaroor die lewe gaan. Die see en sy kleure het my laat besef dit gaan nie net oor my alleen nie. Dit gaan ook oor die mense in jou lewe, wat hulle vir jou beteken en wat jy vir hulle beteken.”
Kyk na die video hieronder.
Joe se CD is ook landwyd by handelaars beskikbaar.
WEN!
4 gelukkige lesers kan elk ‘n R200-geskenkbewys van www.hartklank.co.za wen.
Skryf hieronder in:
The post Joe Foster se nuwe musiekvideo + WEN uit sy winkel appeared first on SARIE.