Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Marion Holm (50) kry uiteindelik dramagraad

$
0
0

Die 50-jarige komediant Marion Holm het onlangs haar dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch ontvang, berig Netwerk24

Marion, wat in 1983 by die Universiteit Stellenbosch (US) vir dié graad studeer het, het eers haar graad gekry drie dekades nadat sy dit aanvanklik moes kry.

Sy kon destyds nie gradueer nie, want hoewel sy haar dramavakke afgehandel het, het sy nie die vereiste BA-vakke vir die graad voltooi het nie.

Volgens Maroela Media is fibromialgie – ’n mediese toestand wat gekenmerk word deur chroniese pyn en gevoelige spiere – by Marion ge­diagnoseer. Sy was onseker hoe dié toestand haar lewe sou beïnvloed. Met die graad agter haar naam kan sy nou altyd klas gee wanneer sy nie meer in staat is om op te tree nie.

Baie geluk, Marion!

Bronne: Maroela Media en Netwerk24

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!

The post Marion Holm (50) kry uiteindelik dramagraad appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294