Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

GERUG: Prins Harry en Pippa Middleton ’n paartjie

$
0
0

Desember-maand is gewoonlik maar ’n stil tyd vir joernaliste (behalwe dalk in Suid-Afrika ná pres. Zuma se skoknuus gister oor Nhlanhla Nene en die gevolge vir die rand weens sy besluit).

Elders in die wêreld gryp joernaliste na strooihalms om die nuusblaaie vol te maak. Maar dié storie wat op verskeie publikasies se webwerwe is, vind ons moeilik om te glo. Wat dink jy?

Is prins Harry en Pippa Middleton ’n geheime paartjie? Volgens Radar Online het die twee ná die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, se troue in 2011 ’n romanse van hul eie begin. 

Ander skindertonge sê Kate was glad nie beïndruk toe sy op haar troudag haar jonger suster en swaer betrap het toe hulle mekaar in een van die badkamers soen nie, berig Daily MailKlink na ’n sepie!

Hoewel die vonk tussen die twee glo nog altyd duidelik was, het hulle albei voortgegaan om verhoudings met ander mense aan te knoop.

Pippa en die aandelemakelaar Nico Jackson se paadjies het ná 3 jaar in Oktober geskei, terwyl Harry met die Britse model Cressida Bonas en die Zimbabwiër Chelsy Davy verbind was.

Nou word daar gegons oor ’n onlangse romantiese ete met kerse en sagte musiek wat Harry glo vir Pippa gereël het. Nie een van die betrokke partye se woordvoerders het op dié skinderstories reageer nie – ons weet ook nie of ons die moeite sou doen nie.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Daily Mail en Radar Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!

The post GERUG: Prins Harry en Pippa Middleton ’n paartjie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294