Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO’S: David Beckham se seun fotograaf van nuwe Burberry-veldtog

$
0
0

Gebore as die kroonprins van een van die bekendste paartjies, Victoria en David Beckham, is dit te verstane dat Brooklyn Beckham talentvol is.

Eers was dit sy jonger boetie Romeo wat sy lyf model gehou het vir die gróót Britse modehuis Burberry. Dié keer is dit Brooklyn se beurt, maar hy is agter die kamera as fotograaf van Burberry se nuwe veldtog.
SAARTJIE hastag

Die 16-jarige het ’n passie vir fotografie en, soos baie ander tienerseuns, ook vir skateboarding. Jy kan dit sommer aan sy baie kreatiewe Instagram-profiel sien. Dit is tog interessant dat Burberry besluit het om ’n onervare fotograaf te kies om hul nuwe parfuumveldtog, #thisisbrit, te skiet. En dit is net hier waar die omstredenheid ontstaan…

Baie professionele fotograwe voel dit is nepotisme – lees hier.

Burberry se hoof- uitvoerende beampte, Christopher Bailey, het dadelik opgekom vir sy besluit om Brooklyn Beckham te gebruik:

“Brooklyn het ’n goeie oog vir foto’s en Instagram is ’n briljante platform vir hom om sy werk uit te stal. Sy styl en houding is presies wat ons wil hê om die gees van dié nuwe parfuum-veldtog vas te vang.”

Met byna 6 miljoen volgelinge op Instagram kan jy nie help om te wonder of hy bloot vir sy talent gekies is óf omdat hy ’n groot sosialemedia-teenwoordigheid het nie.

Is dit nie tog waarom Kendall Jenner so gewild is onder die groot modehuise nie? En ja, ek weet sy is regtig mooi, maar sy het meer as 45 miljoen aanhangers op Instagram. Miljoene meer as die meeste gróót modehuise. Chanel het byna 10 miljoen, Burberry 6 miljoen en Louis Vuitton byna 10 miljoen.

Gaan dit in dié bedryf nou meer oor wie die meeste volgelinge op sosiale media het? En gaan hulle dié met jare se ondervinding en kennis oor die hoof sien vir jongmense wat nie eens regtig die geld nodig het nie?

Kyk hieronder na Brooklyn Beckham se foto’s en besluit self of hy regtig talentvol is of nie.

Rooftop with @LivMasonPearson for @Burberry @BrooklynBeckham for #THISISBRIT

A photo posted by Burberry (@burberry) on

First shot done @benmfrees @BrooklynBeckham for #THISISBRIT

A photo posted by Burberry (@burberry) on

Shooting @Heliml96 for @Burberry Brit fragrances @BrooklynBeckham for #THISISBRIT

A photo posted by Burberry (@burberry) on

Location change, shooting @maddiedemaine1 @BrooklynBeckham for #THISISBRIT

A photo posted by Burberry (@burberry) on

Bronne: The Guardian en Hello!

The post FOTO’S: David Beckham se seun fotograaf van nuwe Burberry-veldtog appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294