Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Aitsa, prins Charles is ’n kunstenaar

$
0
0

Wie sou ooit kon raai? Prins Charles kan skilder. En mense hou só baie van sy kunswerke dat hy sedert 1997 meer as £4 miljoen (sowat R92 miljoen) gemaak het.

Hy is nou een van Brittanje se suksesvolste kunstenaars, berig The Telegraph. Die prins verkoop egter nie die ware jakob nie, maar litografiese afdrukke van sy kunswerke.

Volgens prins Charles se ampetlike webtuiste het sy liefde vir kuns in die 1970’s posgevat. Hy werk met waterverf en skilder veral natuurtonele.

Embed from Getty Images

Maar hy gebruik nie sy eie naam nie. Sy werke verskyn eerder onder die naam A.G. Carrick, wat twee van sy geboortename, Arthur en George, is. Carrick is een van sy vele titels.

Hier is van sy kunswerke

FOTO: Prins Charles webtuiste

FOTO: The Prince of Wales

FOTO: Prins Charles se webtuiste

FOTO: The Prince of Wales

Ons is regtig verras!

Maar prins Charles is nie die enigste leier wat al die verfkwas opgetel het nie. Oud-president George W. Bush het in 2014 ’n uitstalling in Dallas in die VSA gehou.

George W. Bush kan ook verf

Bronne: The Telegraph, Amptelike webtuiste

Lees nou

The post Aitsa, prins Charles is ’n kunstenaar appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294