Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Giuliana Rancic verlaat ‘E! News’

$
0
0

Ná meer as ’n dekade verlaat die gewilde TV-aanbieder Giuliana Rancic E! News. Dit was vroeër dié week die 40-jarige se laaste dag as aanbieder van dié program. 

Wat is volgende Giuliana? 

Sy is ook ’n restouranteienaar en skrywer en gaan aanbly as ’n mede-aanbieder van E! se Live From the Red Carpet en Fashion Police

Verder berig People dat Giuliana die volgende in ’n verklaring gesê het:

“Vir meer as ’n dekade was ek gelukkig genoeg om deel te wees van die sukses van E! News. Ek gaan my ‘familie’ op die program mis. Ek is terselfdertyd opgewonde … oor die nuwe program, Rich in Faith, wat ek gaan vervaardig en om my wyn- en klerereeks uit te brei. Dit is ’n opwindende tyd vir my en ek bedank die mense by E! dat hulle my behoefte verstaan om dié nuwe hoofstuk van my lewe te begin.”

“… Veertien jaar van herinneringe by een program. Nog vyftig jaar van herinneringe saam met my sielsgenoot,” het die foto van haar en haar man, Bill, se onderskrif gelees wat Giuliana op haar Instagram-blad gedeel het.

Dié jaar was ’n moeilike een vir Giuliana. Haar gewig, huwelik en die Zendaya Coleman-debakel het internasionaal opslae gemaak.

Giuliana en Bill is in 2007 getroud en hul seun, Duke, is amper 3 jaar oud.

Bronne: E! News en People

Lees ook 

The post Giuliana Rancic verlaat ‘E! News’ appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294