Wat gebeur as jy jou sielsgenoot ontmoet, maar hy wil nie meer leef nie? Jy probeer alles in jou vermoë om hom weer in die lewe te laat glo. Me Before You, die internasionale blitsverkoper deur Jojo Moyes, gaan uiteindelik op die silwerskerm vertoon word en die lokprent is vanoggend bekendgestel.
Die Game of Thrones-ster Emilia Clarke en akteur Sam Claflin van die Hunger Games-films is die hoofkarakters, Louisa en Will. Louisa is die rigting in haar lewe kwyt, maar begin dan om Will, ’n kwadrupleeg, te versorg. En albei se lewens verander.
Kyk die lokprent hier
Moet dit nie misloop as jy verlief was op die karakters in die boek nie!
Lees nou
The post Waarskuwing: Die ‘Me Before You’-lokprent gaan jou laat huil appeared first on SARIE.