Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dit gaan nie goed met Michael Schumacher nie

$
0
0

Niemand weet werklik hoe dit met die sewemalige Formule Een-kampioen Michael Schumacher se gesondheid gaan nie. Maar volgens Luca di Montezemolo, sy voormalige “baas” by Ferrari, gaan dit “nie goed nie”.

Montezemolo is tydens ’n perskonferensie oor dié Duitse renjaer uitgevra. “Ek het nuus, maar dis ongelukkig nie goeie nuus nie.” Hy wou nie verder uitwei nie, berig BBC Sport.

Op 29 Desember 2013 het Michael ’n ski-ongeluk by Méribel-oord in die Franse Alpe gehad. Hy het hard geval, sy kop op ’n rots gekap en sy ski-helm gekraak.

Sedert die ongeluk het niemand hom nog met ’n oog gesien nie. Michael ontvang steeds intensiewe behandeling by sy huis in Switserland (onderste foto). Maar sy familie wil nie uitwei oor sy gesondheid nie.

Bronne: BBC Sport

Lees nou

The post Dit gaan nie goed met Michael Schumacher nie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294