Roomys en sjokoladesous
As jy nie tyd het om roomys te maak nie, gebruik sommer winkelroomys. Die kersies is wel 'n moet!
(4 - 6 porsies)
500 ml room
5 ml vanieljegeursel
5 eiers, geskei
155 ml strooisuiker
125 g bevrore of vars bessies van jou keuse, verpulp sjokoladesous
250 ml room
200 g donkersjokolade, fyngekap
200 g glanskersies met stingels
Bring room en vanieljegeursel tot kookpunt. Klits eiergele en 30 ml strooisuiker saam in 'n glasbak. Voeg warm room by eiergele terwyl jy roer. Plaas glasbak op 'n kastrol met kookwater wat stadig prut - die bodem van die bak moenie aan die water raak nie.Roer stadig totdat eiervla-mengsel die agterkant van 'n houtlepel bedek, sowat 8 - 10 minute. Laat afkoel tot heeltemal koud.
Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg res van strooisuiker stadig by terwyl jy klits en hou aan klits totdat blink, stywe punte vorm. Vou eierwitte en verpulpte bessies by koue eiervla in. Gooi mengsel in 'n bak wat jy in die vrieskas kan plaas en vries oornag. Bring room vir sjokoladesous tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade.Roer tot gesmelt. Skep balle roomys in nagereg-glase en sit voor saam met sjokoladesous en kersies.
Wenk: Pleks van bessies kan jy enige ander vrugte van jou keuse gebruik, soos piesang.
Resep: Herman Lensing

Witsjokolade-panna cotta
(6 porsies)
15 ml gelatien
180 g (225 ml) suiker
5 ml vanielje
100 g goeiegehaltewitsjokolade, in blokke gebreek
500 ml melk
500 g Griekse jogurt
aarbeie
versiersuiker om te sif
witsjokolade-krulle
Plaas gelatien in klein bakkie en gooi klein bietjie koue water oor. Laat stol. Gooi kookwater in nog ‘n klein bakkie en plaas eerste bakkie op die bakkie met kookwater. Laat gelatien smelt. Sit suiker, vanielje, sjokolade en melk in ’n kastrol. Plaas op lae hitte en laat smelt. Haal van hitte af en voeg gesmelte gelatien by. Gooi jogurt by en meng goed. Verdeel in bakkies en sit in yskas. Laat stol. Plaas aarbeie bo-op en sif versiersuiker oor. Versier met witsjokolade-krulle.
Maak só witsjokolade-krulle
Sit sjokolade-sirkels in ’n glasbak wat oor ’n kastrol sal pas. Tap water in die kastrol, bring tot kookpunt en haal van hitte af. Plaas bak oor kastrol – dis baie belangrik dat die bak nie aan die warm water raak nie. Roer so elke nou en dan tot gesmelt.
Smeer sjokolade op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is of ’n marmerblad. Laat sjokolade heeltemal hard word. Neem ’n lang skerp mes en plaas met lemkant bo-op die sjokolade. Hou die mes met albei hande – een aan die handvatsel en die ander hand aan die punt van die mes. Trek die mes na jou toe en só sal die skaafsels of krulle vorm.

Sjokolade-en-Guinness-koek
Lekker klam en ryk.
(8 – 10 Porsies)
1 x 440 ml Guinness-bier
460 g (500 ml) botter
375 ml kakao
560 g (1000 ml) koekmeel
420 g (500 ml) strooisuiker
15 ml bakpoeier
5 ml sout
4 eiers
190 ml suurroom
Versiersel
125 ml room
200 g donkersjokolade, grofgekap
2 x 220 g-houer roomkaas, liggies geklits
Verhit oond tot 180 °C. Plaas bier, botter en kakao in middelslag- pot. Bring tot net onder kookpunt oor lae hitte. Roer tot botter gesmelt is. Sif meel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam in middelslag-mengbak. Klits eiers en room by biermengsel. Voeg mengsel by droë bestanddele en meng tot gladde beslag. Verdeel tussen 3 x 20 cm-losboom-koekpanne, wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrak. Laat heeltemal afkoel. Sny koeklae se bokante met skerp mes gelyk.
Versiersel
Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer tot glad. Plaas eerste laag koek op opdienbord en smeer 1/3 van roomkaas oor. Herhaal met res van koeklae en roomkaas. Gooi sjokoladesous oor en laat stol. Sit voor.
Hier's ’n paar wenke vir wanneer jy bier by jou kos kies
Bier en kosgeure behoort by mekaar te pas en sekere eienskappe te deel. Die bitter van hop werk bv. goed met geregte wat lig gekrui is.
Die sterkte van die bier en die sterkte van die kos moet ooreenstem. Ligte geregte soos slaai pas by ligter biersoorte, en omgekeer.
Lager pas by dieselfde geregte as witwyn en ale weer by dié wat goed saam met rooiwyn werk.
As jy die regte kos-pasmaat vir bier soek, moet jy soetheid, bitterheid, gasinhoud en rykheid in ag neem.
Hoe bitterder die bier smaak as gevolg van sy hop-inhoud, hoe lewendiger moet die kos wees om nie oorweldig te word nie.
Die kos-en-bier-kombinasie hoef mekaar nie altyd aan te vul nie. Soms werk teenoorgestelde smake ewe goed.
By geregtemet swaarder smake soos kerries en bredies kan bier met ’n hoër alkohol-inhoud gedrink word.
Bron SAB-brouer Denis da Silva

Witsjokolade-truffels & vars kersies gedoop in witsjokolade
(sowat 36 truffels)
PRALIEN-VULSEL
100 g (125 ml) suiker
15 ml water
100 g gepelde haselneute
100 ml room
100 g witsjokolade, in stukke gebreek
Sit suiker en water in ’n diep pan. Laat smelt oor lae hitte. Moenie roer nie, maar skud die pan so elke nou en dan. Laat kook tot suiker ’n karamelkleur kry. Haal van hitte af en voeg haselneute by. Meng goed. Gooi uit op ’n bakplaat wat uitgevoer is met goed gesmeerde bakpapier. Laat heeltemal koud en hard word.
Breek pralien in stukke, kap baie fyn in ’n voedselverwerker en hou eenkant. Verhit room tot net voor kookpunt en gooi oor witsjokolade. Roer van tyd tot tyd tot gesmelt. Laat afkoel en voeg fyngekapte pralien by.
TRUFFEL-VORMS
2 boksies (150 g elk) witsjokolade-sirkels
Plaas witsjokolade-sirkels in ’n glasbak wat oor ’n kastrol met water sal pas. Bring water tot kookpunt en haal van hitte af. Sit bak op kastrol – dis baie belangrik dat die bak nie aan die warm water raak nie. Roer nou en dan tot gesmelt. Gebruik ’n klein kwassie en verf ’n silikoonvorm met die gesmelte sjokolade. Verf nog ’n laag. Laat sjokolade hard word.
Skep van pralien-vulsel in vorms en maak gelyk. Sit in yskas tot hard. Keer versigtig uit. Gebruik nog ’n bietjie gesmelte sjokolade om twee vorms aan mekaar te sit en truffels te vorm. Hou in yskas tot benodig.
Wenk: As die witsjokolade hard word, kan jy dit weer smelt. Plaas net jou bak weer oor kookwater.
Vir die Kersies gedoop in witsjokolade.
Smelt van die witsjokoladesirkels oor ’n kastrol (sien metode in truffel-resep). Doop vars kersies so halfpad in die sjokolade en laat hard word op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

Sjokolade-en-roomysrol
Genoeg vir 2 rolle
2 groot eiers
250 ml sonneblomolie
250 ml sterk koffie
1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Vulsel
2 liter roomys van jou keuse
100 g witsjokolade, fyngekap
250 ml room
100 g donkersjokolade, fyngekap
Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 35 x 27 cm-bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verdeel mengsel tussen bakplate en smeer eweredig. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Terwyl die koek bak, maak ’n skoon afdroogdoek effens klam. Plaas op skoon werkvlak en sprinkel dun lagie suiker oor doek. Keer koek met een vinnige beweging op doek uit. Sny rande van koek reguit met skerp mes. Rol koek stewig met behulp van die doek op. (Maak seker jy rol die doek saam met die koek op.) Laat afkoel in doek. Rol oop. Gebruik houtlepel en roer roomys tot sag en smeerbaar. Smeer roomys oor koek. Rol koek weer op, maar sonder die doek. Draai toe in kleefplastiek en plaas oornag in vrieskas.
Plaas witsjokolade en helfte van room in glasbak. Plaas glasbak oor pot met water tot sjokolade gesmelt is. Smelt donkersjokolade met res van room ook oor pot met water. Verwyder kleefplastiek van rolkoek, plaas op opdienbord en gooi die twee souse oor. Sit voor.

Sjokolade-mousse-terrien
Maak die poeding die vorige dag sodat dit oornag in die yskas kan stol.
maak 1 x 32 cm-terrien
Koek:
280 g (500 ml) koekmeel
400 g (500 ml) suiker
80 g (200 ml) kakao
10 ml bakpoeier
2 eiers
5 ml sout
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater
Sjokolademousse:
4 eiers, geskei
155 g (130 ml) strooisuiker
12,5 ml brandewyn/sterk koffie
100 g 70%-donkersjokolade
100 g (110 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
Ganache:
100 g 70%-donkersjokolade
125 ml room
Verhit oond tot 150 °C. Voer ’n bakplaat van 33,5 x 23,5 x 1,5 cm uit met bakpapier. Spuit met kleefwerende kossproei. Plaas al die bestanddele van die koek-mengsel in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Gooi mengsel in pan en plaas in oond. Bak 1 uur. Toets met dun pennetjie om seker te maak dis gaar – pennetjie moet skoon uitkom.
Haal uit en laat eers sowat 10 minute afkoel in pan. Keer versigtig uit op afkoelrak en laat verder afkoel. Voer ’n terrienbak van sowat 32 cm of ’n broodpan uit met kleefplastiek. Sny ’n stuk van die afgekoelde koek af wat groot genoeg is om onderin die terrienbak te pas, plus nog ’n stuk wat netjies bo-op die mousse-vulsel sal pas. Hou eenkant.
Sjokolademousse:
Klits die eiergele en strooisuiker in ’n elektriese menger tot dik en lig van kleur. Klits die brandewyn of koffie by. Hou eenkant. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Haal af van hitte. Breek sjokolade in stukkies en plaas in mengbak wat oor die kastrol sal pas. Plaas mengbak bo-op kastrol en laat sjokolade smelt. Wanneer gesmelt, klits die botter blokkie vir blokkie by om ’n gladde room te vorm. Klits die sjokolademengsel by die eiergeel-ensuikermengsel. Klits eierwitte styf en vou in by die sjokolade-eiermengsel. Skep nou die sjokolademousse bo-op die laag koek onderin die uitgevoerde terrienbak. Bedek met tweede laag. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas oornag of vir minstens 8 uur in die yskas.
Ganache:
Breek sjokolade in stukke. Plaas room in ’n kastrol en verhit, maar moenie laat kook nie. Gooi warm room oor sjokolade en laat smelt. Laat effens afkoel. Haal terrien versigtig uit bak en plaas op opdienbord. Sit ganache voor saam met terrien.
Resep: Barbara Joubert

Klassieke sjokolade-éclairs
Franse gebak.
Sowat 8 –12 ÉCLAIRS
• 100 g (110 ml) botter
• 250 ml water
• 140 g (250 ml) meel
• 5 ml sout
• 4 eiers
• 250 ml room
• 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
• 30 ml versiersuiker, gesif
• 100 g donkersjokolade, gesmelt
• versiersuiker om oor te sif
• bessies van jou keuse
1. Verhit oond tot 180 ºC. Bring botter en water tot kookpunt in ’n mediumgroot pot met ’n deksel op. Sif meel en sout saam op ’n stukkie bakpapier. Sodra water kook en botter gesmelt is, verwyder deksel en gooi meel met behulp van papier op een slag in.
2. Verlaag hitte en roer met ’n houtlepel totdat die mengsel in een bal saamkom. Die mengsel moenie meer aan die kant van die pot vassit nie. Gooi mengsel in ’n mediumgroot mengbak en laat koel af tot kamertemperatuur. Breek eiers een vir een by en meng goed met ’n draadklitser ná elke byvoeging.
3. Skep die mengsel in ’n versiersak. Gebruik een met ’n tuit van 1,5 cm in deursnee. Trek
10 cm-lyne met ’n potlood op bakpapier, sowat 4 cm uit mekaar. Draai dit met potloodmerke na onder en plaas op ’n bakplaat. Spuit met kleefwerende sproei. Gebruik potloodlyne as gids en spuit lang worse met beslag. Bak 30 – 40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat koel af.
4. Klits room tot sagte punte vorm. Meng versiersuiker en vanieljesaadjies by. Skep geklitste room in ’n versiersak. Sny koue éclairs in die helfte en vul met vanielje-room. Skep gesmelte sjokolade bo-op en sif versiersuiker oor. Sit voor saam met bessies van jou keuse

(1 terrien)
2 eierwitte
60 g strooisuiker
250 ml room
150 g witsjokolade,gesmelt
150 g donkersjokolade, gesmelt
1 Madeira-koek
1 pakkie sjokolade-skulpe
Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant terwyl jy die room tot sagte punte klits. Spuit 'n broodpan van 12 x 22 cm met kleefwerende kossproei. Vou helfte van die witsjokolade in die eierwitmengsel in, gevolg deur helfte van die room. Gooi in die pan en maak gelyk.
Vou nou die res van die eierwitmengsel in die donkersjokolade in en voeg orige room by. Gooi bo-oor die witsjokolade-mousse. Sny die Madeira-koek in dun skyfies en plaas bo-op die donker mousse. Laat stol vir sowat 3 - 4 uur of oornag. Keer uit en versier met die sjokolade-skulpe.

Sjokolade-roomysie(tartufo)met karamelsous
Dis die naam vir roomys met ’n sjokolade-omhulsel. Daar is gewoonlik ’n verrassing in die middel – myne is ’n sjokoladebal.
12 tartufo’s
• 500 g sjokoladesirkels
• 1 liter vanieljeroomys
• 12 sjokoladeballe
Karamelsous
• 60 g fudge, in blokke gebreek
• 125 ml room
Stap 1. Plaas sjokolade in ’n bak wat oor ’n kastrol sal pas. Gooi water in die kastrol, maar maak seker dat die water nie aan die bak sal raak nie. Bring water tot kookpunt sonder die bak met sjokolade. Wanneer water kook, skakel oondplaat af en plaas bak met sjokolade bo-op. Roer nou en dan tot sjokolade gesmelt het.

Sjokolade-en-bloubessie-roomys op fillo-horinkies
Ja, jy kan roomys maak sónder ʼn masjien. Vat sommer kortpad met vla uit ʼn boks.
Genoeg vir 8 – 10
Vriestyd: 6 – 8 uur, of tot gevries
500 ml-boks vla
200 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
125 g bevrore bloubessies
10 fillo-horinkies
Plaas vla en sjokolade in middelgroot pot. Roer oor lae hitte met houtlepel tot gladde mengsel. Voeg bessies by en meng goed. Gooi mengsel in bak wat vriesbestand is en plaas in vrieskas. Roer mengsel elke 20 minute met ’n draadklitser om kristalle te breek. Hou so aan tot mengsel byna heeltemal gevries is. Los om heeltemal te stol. Skep balle van die roomys en sit voor op fillo-horinkies.

The post Sê ‘ek’s lief vir jou’ met dié 10 sjokolade-lekkernye appeared first on SARIE.