Angelina Jolie spog reeds met ’n paar tatoes – en nou het sy nóg drie by haar versameling gevoeg.
Sy is nou in Kambodja waar sy die regie behartig vir die rolprent First they killed my father wat op Netflix sal verskyn. En het toe sommer daar besluit om drie nuwe betekenisvolle tatoeëermerke te kry.
Angelina Jolie debuts THREE new tattoos on her back in Cambodia https://t.co/0kSTfvO2vr pic.twitter.com/iomRAL4L83
— Daily Mail Celebrity (@DailyMailCeleb) February 8, 2016
Volgens Daily Mail is twee van die nuwe tatoes Boeddhistiese simbole vir liefde, vrede en voorspoed. Volgens Harper’s Bazaar is die derde tatoe ’n Yantra-ontwerp wat ’n tipe lyfkuns is wat met die hand gedoen word.
Angelina Jolie debuts three new, massive tattoos while filming in Cambodia: https://t.co/1moLnS224x pic.twitter.com/kWtjjDUB1b — E! News (@ENews) February 9, 2016
Dié ma van ses spog nou met altesaam 20 tatoeëermerke insluitend ’n swart kruis, ’n Bengaalse tier en die koördinate van haar kinders se geboortedorpe.
Hier is ’n paar van Ange se tatoeëermerke:
Bron: Daily Mail en Harper’s Bazaar
Lees nou:
- Angelina Jolie deur die jare in Vogue
- Tattoeëer jou muur
- Lady Gaga of Jennifer Aniston: Wie dra die broekpak die beste
The post Nóg drie nuwe tatoeëermerke vir Angelina Jolie appeared first on SARIE.