Bobby van Jaarsveld is vanoggend in die hospitaal opgeneem vir ’n operasie. Volgens hom besoek hy en sy vrou, Annatjie, oor drie weke weer die plek. Maar dan vir ’n heel ander rede — om hul “prinsessie” te ontmoet.
Bobby het verlede jaar aan SARIE-joernalis Lydia van der Merwe gesê die baie singery plaas stremming op sy stembande.
“Ek sing elke aand op ’n ander plek en elke venue is moeiliker as die vorige een. Dan begin jy skreeu en jy kan jouself nie hoor nie en jy probeer oor die band sing. Dis soos eelte wat op jou stembande gaan sit.”
- Bobby van Jaarsveld
Hy het toe gesê hy het nog nie besluit of hy wel ’n operasie sal ondergaan om die poliepe te laat verwyder nie. Hy wou eers tydens die feestyd rus en kyk of die probleem nie dalk vanself regkom nie. SARIE.com kon nie vanoggend bevestig of die operasie waarna hy op Twitter verwys, wel aan sy stembande is nie.
Hy het dié foto op Twitter gedeel en bygevoeg hulle moet oor drie weke weer hospitaal toe – dié keer om sy en Annatjie se derde kind, ’n dogtertjie, te ontmoet. Hy het tydens die SARIE-onderhoud vroeër gesê die kindjie het nog nie ’n naam nie. Hulle wag nog vir die Here om ’n naam aan hulle te openbaar, nes met Sion en Leben.
Ready for my operation and my wife won’t leave my sight. And in 3 weeks we’ll be here again to meet our 3rd child! pic.twitter.com/LnoY4S9zAf
— Bobby van Jaarsveld (@bobbyvjaarsveld) February 10, 2016
Bobby is saam met Karen Zoid, Lira en Khan Morbee ’n afrigter op The Voice SA. Hy het die afgelope naweek sommer nóg meer aanhangers bygekry toe hy vir Lana Crowster gekies het vir sy span. Kyk net dié video hier. En ja, Bobby se maagspiere het ook in dié episode die kollig gesteel!
Nóg sangers wat die operasie gehad het
- Karlien van Jaarsveld, Bobby se suster
- Bobby se mede-afrigter van The Voice SA, Kahn, het in 2014 ook ’n soortgelyke operasie gehad. Vir Kahn was dit nie soseer die feit dat hy baie sing wat die probleem veroorsaak het nie, maar eerder sy leefstyl, vertel hy aan SARIE-joernalis Lydia van der Merwe. “Ek het nie genoeg gerus nie en baie opgetree. Ek is ook nou en dan lief vir ‘n drankie en alkohol is nie goed vir die stem nie.”
- Afrikaanse sanger Louis Loock
- Die internasionale kunstenaar Bonnie Tylor
- Akteur Hykie Berg
- Die SA sangeres Patricia Lewis
The post Bobby van Jaarsveld in die hospitaal appeared first on SARIE.