Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Sjef Jamie Oliver open Johannesburg-restaurant

$
0
0

Johannesburgers gaan een van die dae aan die wêreldberoemde sjef Jamie Oliver se kos kan smul.

Die webtuiste Eat Out berig dat Jamie nou oorweeg om sy Italiaanse-restaurant, Jamie’s Italian, in Johannesburg oop te maak.

Louise Ludlum, Jamie’s Italian se direkteur van kommunikasie, het aan Eat Out gesê dat hulle alreeds oor dié moontlikheid gepraat het.

Sy het nie verder uitgewei nie.

Maar die Melrose Arch in Johannesburg het op sosiale media bevestig dat Jamie’s Italian by hulle oopmaak.

Dis nie die eerste keer dat Jamie se koms op die tafel geplaas is nie. In 2015 het Kapenaars gehoop dat hy ’n restaurant in die V&A Waterfront sou oopmaak. Maar dit het toe deur die mat geval.

Kan jy net dink hoe lekker hierdie kos gaan smaak?

Bron: Eat Out

Lees nou

The post Sjef Jamie Oliver open Johannesburg-restaurant appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294