Caitlyn Jenner is nou die gesig van H&M, ’n Sweedse mode-kleinhandelaar, se sportreeks. Die veldtog fokus juis daarop om uniekheid te vier. Caitlyn het die afgelope week haar opgewondenheid op sosiale media gedeel.
Backstage with @hm! So proud to be part of their inspiring #HMSport campaign. #MoreIsComing #StayTuned pic.twitter.com/0Tyq3tz5j7
— Caitlyn Jenner (@Caitlyn_Jenner) March 11, 2016
Die 65-jarige Olimpiese held het in 1976 by die Olimpiese Spele in Montreal ’n goue medalje in die tienkamp gewen. Verlede jaar het Cailtyn, voorheen bekend as Bruce, die tydskrif Vanity Fair gekies om haar nuwe naam en voorkoms amptelik bekend te stel.
Caitlyn, toe Bruce, is in 2014 van Kris Jenner geskei ná ‘n huwelik van meer as twee dekades. Hul twee kinders, Kendall en Kylie, is uit dié verhouding gebore.
Kendall is ook ’n gesig vir die sportreeks Puma.
H&M het nog nie self bevestig nie.
Bronne: Fortune, Business Insider, Adweek
Lees nou
- Mev. SA Candice Abrahams wen Mev. Wêreld
- Isabella Rossellini: Vroue bo 50 oorheers kollig
- Fliektyd! Nuwe flieks by die loket
The post Caitlyn Jenner gesig van H&M-sport appeared first on SARIE.