Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Model Cindy Crawford en dogter pronk op Vogue Paris

$
0
0

Die appel val hier beslis nie ver van die boom nie! Die veteraan-model Cindy Crawford (50) en haar 14-jarige dogter, Kaia Gerber, verskyn  vir die eerste keer saam op ’n voorblad. En nie sommer enige tydskrif nie, maar Vogue Paris!

 

Volgens Mirror is Cindy bekommerd dat Kaia die modewêreld so vroeg betree, want daar is soveel druk op modelle om maer en mooi te wees.

Op 14 is Kaia reeds ’n suksesvolle model. Sy is onlangs  aangewys as een van die gesigte in Alexander Wang se nuutste veldtog.

Hier is nog ’n paar celeb-kinders wat na hul ma’s lyk:

Julianne Moore en Liv Freundlich

Reese Witherspoon en Ava Phillippe

 

Michelle Obama en Malia Obama

Meryl Streep en haar dogters Mamie, Grace en Louisa Grummer

Bron: Mirror

Lees nou:

The post Model Cindy Crawford en dogter pronk op Vogue Paris appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294