Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO’S: Aktrise Andrea Streso se sprokiestroue

$
0
0
Op Ceres, in die hartjie van die Wes-Kaap, het die voormalige 7de Laan-aktrise Andrea Streso gister met Hoffman van Zyl getrou. Die geleentheid by Olive Rock is deur 100 gaste bygewoon, onder andere twee lede van haar 7de Laan-familie, Hildegardt Whites (Bonita) en Corné Crous (Kim).
“Olive Rock was onmiddellik my gunsteling. Die omgewing is prentjiemooi en die onthaalplek baie natuurlik. Dit pas perfek by die gemaklike, natuurlike gevoel wat ons wil skep vir die aand,” het Andrea voor hul troue aan SARIE.com vertel.
Andrea het op ’n dwarsfluit-en-klavier-verwerking van Enya se “Only Time” ingestap. Vir Andrea was een van die spesiale oomblikke van die dag toe Hoffman se pa hulle in die huwelik bevestig het.
Haar eenvoudige, elegante rok is deur Magda Grové ontwerp.
“Dis so maklik om weg te raak tussen die opinies, voorstelle en idees van ontwerpers, bruid-tydskrifte en Pinterest dat jy vinnig jouself en jou eie styl as bruid verloor. Daarom is dit so belangrik om ’n ontwerper te vind wat verstaan wat jy wil hê.”
Andrea en Hoffman se troue het nie ’n spesifieke kleurskema gehad nie. “Die beeldskone omgewing sorg reeds vir die mooiste dekor – ons hoef eintlik net liggies op te sit. Ek het glad nie gefokus op spesifieke kleure nie, maar eerder op kleurryke veldblomme, groenigheid en gevoel van rou hout.”

Andrea en Hoffman se sprokiestroue

Mooiste, asemrowende Ana-Brana bruid! So spesiaal om te deel in jou mooiste dag #TouKnoop

A photo posted by Solandi Nel (@s0landi) on

Arriving in style! #touknoop

A photo posted by AJ Nel (@ajnel84) on

hoffman & andrea trou ♡ anne, jy’t sooo mooi gelyk!!! #touknoop

A photo posted by Louise Roux (@louiseroux) on

hoffman en andrea trou #touknoop #ceres

A photo posted by Louise Roux (@louiseroux) on

 

Hoffman & Andrea #touknoop 19/03/2016

A photo posted by Judika Nel (@judika_nel) on

En ek wil met jou dans #touknoop

A photo posted by AJ Nel (@ajnel84) on

Andrea & Hoffman Trou! #touknoop

A photo posted by Linya (@linyagreyling) on

Die paartjie gaan ná hul wittebrood in Venesië terugkeer Nederland toe.

Baie geluk, Andrea en Hoffman!

Hou SARIE.com dop vir die paartjie se amptelike troufoto’s.

Lees nou

Aktrise Andrea Streso trou byna!

The post FOTO’S: Aktrise Andrea Streso se sprokiestroue appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294