Ons kan nie glo dat Reese Witherspoon vandag haar 40ste verjaarsdag vier nie! Ons het haar leer ken as Elle Woods in Legally Blonde – 15 jaar gelede toe sy net 25 jaar oud was.
Sy het reeds Saterdag met haar feesvieringe begin en in styl by die nagklub Warwick in Los Angeles partytjie gehou.
Sy het hierdie foto op sosiale media gedeel
Reese was omring deur haar celeb-vriende. Die How to Lose a Guy in 10 Days-aktrise Kate Hudson, een van Reese se goeie vriendinne, het saam met haar dié mylpaal gevier.
Kate het dié foto’s gedeel.
A photo posted by Kate Hudson (@katehudson) on
Die modeskrywer Derek Blasberg het ’n video op sosiale media gedeel waarin Reese die liedjie “Sweet Home Alabama” sing – met die country-sanger en Nicole Kidman se man, Keith Urban, wat kitaar speel.
Reese het in die fliek Sweet Home Alabama gespeel, en is ook in die suide van Amerika gebore in Louisana wat suidwes van Alabama geleë is.
A video posted by Derek Blasberg (@derekblasberg) on
Baie geluk, Reese!
Lees nou
- Reese Witherspoon bring Barbie na die grootskerm
- FOTO’S: Aktrise Andrea Streso se sprokiestroue
- Ontmoet ons nuwe Mej. SA, Ntandoyenkosi Kunene
The post Aktrise Reese Witherspoon vier 40ste met ‘celeb’-vriende appeared first on SARIE.