Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Hier’s hulle! Ons semi-finaliste vir Matriekrok van die Jaar

$
0
0

Jonk, mooi en met die toekoms wat roep. Die matriekklas van 2015 het ons weer eens beïndruk met hul matriekafskeidrokke.

Hier is ons eerste 11 van die 44 semi-finaliste vir 2015 se Matriekrok van die Jaar-wedstryd.

Brigitte Van Schalkwyk, Hoërskool Brits

“My droom was nog altyd om ’n rok te hê wat op ’n rooi tapyt hoort!”

IMG_93091 (1)
Clarissa Jordaan, Hoërskool Punt, Mosselbaai

“Ons het ’n wonderlike 1 300 km-roadtrip aangedurf (tot in Pretoria) om net die passings te kan doen. Die rok het asemrowend uitgedraai en ek sou self nie in my wildste drome ’n beter skepping kon optower nie.”

IMG_201508221_085350

Esmare Olivier, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein

“Al moet ek dit nou self sê, as dit nie vir my rok was nie, sou dit beslis nie so ‘n  onvergeetlike aand gewees het nie.”

623-20151001

Juzelri Garbers, Windhoek Gimnasium

“Ek sou nooit kon droom dat my rok pienk sou wees nie, omdat ek nie van pienk hou nie. [Maar] toe ek dit aanpas, was dit asof die rok vir my gemaak is! Die kleur het my donker vel en hare gekomplementeer, en die snit het my figuur gevlei.”

IMG-237

Helouise du Toit, Hoërskool Volkskool Potchefstroom

“Al my drome om soos ’n feëprinses in my matriekafskeidrok te lyk het waar geword.”

31

Nadia Janse van Rensburg, Hoër Tegniese Skool Witbank

“Aan die begin van die jaar het ek geen idee gehad wat ek wou hê nie. Toe het ek ’n kans gevat en ’n ontwerper gaan sien.”

IMG_5303

Lara de Bruijn, Hoërskool DF Malan, Bellville

“Ek was die enigste meisie by my matriekafskeid wat ’n korter rok gedra het en die grootste kompliment wat mense my gegee het, was dat die rok ‘absoluut ek’ was.”

IMG_2583

Anneli Smit, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

“Elke meisie wil natuurlik haar droomrok hê en net so wou ek ook. My matriekafskeid was werklik ’n droomaand!”

IMG_5456

Lenuschka Kruger, Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp

“Met my klassieke, elegante skepping het ek so gemaklik gevoel. Ek is mal oor my rok!”

610_7498-anel

Joké Staal, Afrikaanse Hoërskool Kroonstad

“Ek het van graad 10 af begin prentjies bymekaarmaak van hoe my droomrok moes lyk. Wat my storie spesiaal maak, is dat my ma my rok gemaak het.”

matriekafskeidrok

Maryke Nel, Hoër Tegniese Skool Witbank

“’n Onvergeetlike glansgoue blinkermotief-rok met klassieke snit, wat my soos n handskoen pas, waarin ek gemaklik, stylvol en elegant voel.”

hellolove_0020

Môre maak ons die tweede stel semi-finaliste bekend.

The post Hier’s hulle! Ons semi-finaliste vir Matriekrok van die Jaar appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


LêNet: Verslind


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Seks


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!