Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

EKSKLUSIEF: Ontwerper Suzaan Heyns se eie trourok

$
0
0

Ooit gewonder hoe ’n ontwerper se eie trourok sal lyk? Die bekende Suid-Afrikaanse ontwerper Suzaan Heyns (34) is op 28 November verlede jaar getroud met die liefde van haar lewe, Willem Kitshoff (34), ʼn grafiese ontwerper van Johannesburg. En sy het uiteraard een van haar eie ontwerpe gedra.

Suzaan het die aktrise Rolanda Marais se asemrowende trourok van onder meer chantilly-kant ontwerp. Rolanda en Jozua Malherbe deel hul troue eksklusief in die April-uitgawe van SARIE.

Haar eie trourok

Die rok is van verskeie soorte satyn gemaak. Die ontwerp het ʼn sterk struktuur, wat geïnspireer is deur die Chrysler-gebou in New York, VSA.  Die vyf meter lange sluier van tulle- en satynpanele is in ’n art deco-styl.

Haar ruiker was ʼn enkele blom, nie vars nie, maar ’n beeldhouwerk deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar Sybrand Wiechers.

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Pieter Vosloo

FOTO: Verskaf

Suzaan en Willem se liefde strek oor ’n leeftyd. Dié twee is al maats vandat hulle saam in graad een aan die Laerskool Fountainebleau in Johannesburg was. Op hoërskool het hulle ná skool saam huis toe gestap. Toe hulle 20 jaar oud was, het hulle besef hulle is eintlik nog al die tyd méér as net beste vriende.

“Ons was bang ons gaan ons vriendskap belemmer as ons ’n romantiese verhouding het. Maar toe besef ons ons is nie net beste vriende nie, ons is verlief op mekaar,” het Suzaan aan Fanie Cronjé vertel.

Suzaan en Willem is op die Prynnsberg-landgoed naby Clocolan in die Oos-Vrystaat getroud. Hul huwelik is bygewoon deur 60 gaste van naaste familie en beste vriende.

Vir die onthaal het Suzaan uitskot-stukke by die Ceramic Factory gekry en brood daarin laat bak. Die gaste kon toe die brood daaruit breek.

“Ons het almal saam brood gebreek”, het Suzaan gesê.

FOTOGRAAF Pieter Vosloo | HARE Stoffel van Wyk van Foil Styling | GRIMERING Michelle-Lee Collins | VENUE Prynnsberg Estate in Clocolan | ROK Suzaan Heyns | RUIKER Sybrand Wiechers

Sien hoe pragtig het Rolanda Marais in haar Suzaan Heyns-trourok gelyk, eksklusief in jou April-uitgawe van SARIE. Nóú te koop.

APR april 2016 Rolanda Marais

Lees nou

The post EKSKLUSIEF: Ontwerper Suzaan Heyns se eie trourok appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Die oplossing vir yl hare is hier


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Die kuns van koeksisters bak


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Verslind


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!