Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Encore vir Sandra Prinsloo!

$
0
0

Pragitg, talentvol, ikonies. Sandra Prinsloo is ’n doyenne van die toneelwêreld wat nou ‘van die lekkerste rolle’ van haar loopbaan ervaar. ’n Sonderlinge talent wat deur dekades gehore op die silwerdoek, op TV en in die teater vermaak het.

Van die suksesvolste teaterstukke die laaste tyd in ons land was juis dié met Sandra op die verhoog. Meer as honderd vertonings van die fenomenale eenvroustuk Die Naaimasjien, en Vir Ewig en Altyd, waar sy teenoor Marius Weyers gespeel het, het vol sale getrek.

Shakespeare, Tsjekof, PG du Plessis . . . Daar is byna nie ’n dramaturg wie se woorde nog nie deur haar op ’n verhoog uitgeleef is nie. Sy is ewe gemaklik in Afrikaans as wat sy is in Engels en daar is beslis nog g’n einde aan haar loopbaan nie.

“Aftree? Glad nie! As ek daaraan begin dink, is dit verby,” sê sy en lag. “Solank die uitdaging nog daar is en solank ek nog gehore kan boei, sal ek nie ophou nie.”

Leana Clunies-Ross

Leana Clunies-Ross

En na al die jare lê teater steeds na aan die hart. “Jy moet die waarheid speel. Barney Simon, die legenda-riese regisseur en dramaturg en een van die stigters van die Markteater, het altyd gesê dis soos die ertjie onder die matrasse. Jy moet speel tot jy by die ertjie, die waarheid, kom.”

Dis vir haar lekker om saam met jonger mense te werk. “Hulle dwing jou om jou grense te verskuif. Toe ek jonger was, sou ek raad aangebied het, maar die jong mense saam met wie ek werk, het dit nie nodig nie. Hulle is baie talentvol.”

* Storie deur Ilza Roggeband. Verlede jaar het Sandra en die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots op die voorblad van ons November-uitgawe verskyn.

KKNK: Die dag is bros deur Wessel Pretorius

FOTO: KKNK-program

FOTO: KKNK-program

Met: Sandra Prinsloo, Nicole Holm, Ben Albertyn en Dean-John Smith

Regie: Neil Coppen

Opsomming: Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Brian was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Irma, ’n vurige verpleegster en haar beste vriendin is ook daar om ’n hand by te sit. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem. Die Dag is Bros is ’n drama oor familie, vergifnis en herinneringe. Wenner van die ATKV Woordveertjie-prys 2015 vir beste dramateks.

Koop kaartjies hiér.

Afrikaans | Geen o/13 T R120 | 80 min. | Laerskool Van Reedesaal 24 MAART 17:00 | 25 MAART 13:00 26 MAART 17:00 | 27 MAART 17:00 28 MAART 13:00 | 29 MAART 17:00 30 MAART 20:00

KKNK: ’n Hond se gedagte deur Georges Feydeau

FOTO: KKNK-program

FOTO: KKNK-program

Met: Sandra Prinsloo, Louw Venter, Neels van Jaarsveld, Albert Pretorius, Lorraine Burger, Martelize Kolver, Wikus du Toit, Pierre Breytenbach, June van Merch, Oscar Petersen, De Klerk Oelofse en Hannah Borthwick

Regie: Christiaan Olwagen

Vertaler: Nerina Ferreira

Opsomming: Na ’n lang, gelukkige huwelik begin Raymonde aan haar man se getrouheid twyfel as hy skielik belangstelling in seks verloor. Met ’n vriendin se bystand bedink sy ’n skelmstreek om hom te toets by ’n hotel met ’n bedenklike reputasie. ’n Wilde reis van verkeerde aannames, noue ontkomings, geheime eskapades, gekke toeval en wit leuentjies wat kleur kry. Hond se gedagte word allerweë beskou as die grootste klug van alle tye.

Koop kaartjies hiér.

Afrikaans | Geen o/14 T S | R130 | 135 min | SANW-ouditorium 24 MAART 19:30 | 25 MAART 09:00 | 26 MAART 19:30 | 27 MAART 09:00 | 28 MAART 09:00 | 29 MAART 14:30 | 30 MAART 09:00

The post Encore vir Sandra Prinsloo! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294