Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO’S: Aktrise Jana Fischer se dogtertjie

$
0
0

Die aktrise Jana Fischer het deesdae haar hande vol, maar vir Jana is dié nuwe rol opwindend. Haar dogtertjie, Amia Niehaus, is op 11 Mei gebore. En sy is glo ’n maklike baba.

“Ek is maar vir ’n baie kort rukkie ma, maar ek kan vir die eerste keer sê ek verstaan nou wat onvoorwaardelike liefde is,” het die Vallei van Sluiers-ster aan SARIE.com vertel.

Dis haar en haar man, Stephan Niehaus, se eersteling. Die paartjie is in 2014 in Johannesburg getrou.

“Stephan is baie lief vir Amia. Sy liefde vir haar is iets besonders om te aanskou. Sy is sy dryfkrag. Sedert ons uitgevind het ons is swanger, maak hy voorsiening om vir haar net die beste te gee.”

Stephan het sommer dadelik ’n nuwe kar gekoop.

“Hy wou hê ons moes in die veiligste kar rondry. Hy gaan die beste pa wees.”

Amia is nie ’n familienaam nie, maar een wat baie mooi was vir die paartjie.

Kyk net die pragtige foto’s

FOTO'S: VERSKAF

FOTO VERSKAF

FOTO'S: VERSKAF

FOTO Verskaf

 Lees nou

Miljoene vir dié babafoto’s

Ons trots SA sport-oomblikke …

The post FOTO’S: Aktrise Jana Fischer se dogtertjie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294