Shake it off. Taylor Swift het glo wéér ’n nuwe liefde. En dié keer is dit die Britse akteur Tom Hiddleston (35). En dit net twee weke ná sy en die platejoggie Calvin Harris uitmekaar is.
Steelfoto’s van Taylor en Tom wys waar hulle op ’n strand in die VSA hande vashou en soen. Die skinderkoerant The Sun het hierdie foto’s gepubliseer.
WORLD EXCLUSIVE
Taylor Swift dating Tom Hiddleston – two weeks after dumping Calvin Harris.https://t.co/ytzLqZyGSu pic.twitter.com/2SBiPbFMxu— Dan Wootton (@danwootton) June 15, 2016
Die ‘paartjie’ het in New York by die Met Gala saam gekuier en dans.
Calvin Harris het intussen alle bewyse van hul verhouding op sosiale media verwyder, wat moontlik wys dat daar bietjie Bad Blood tussen hom en Tay is. Hy het die volgende getwiet:
Hy het dít intussen van sosiale media verwyder. Hy volg ook nie meer vir Taylor op Twitter of Instagram nie en het alle foto’s van hulle verwyder, berig BuzzFeed.
Lees nou
Mila Kunis en Ashton Kutcher is swanger!
The post Taylor Swift se nuwe liefde appeared first on SARIE.