Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Binnelanders toe en nou

$
0
0

Wat 10 jaar gelede as ’n hospitaaldrama op M-Net begin het, ken ons vandag as ’n daaglikse drama met sepie-elemente op kykNET.

Die drama wat op Binnelanders afspeel, leef vandag nog voort. Alles wat ons ken, het verander, en so het dié storie ook gegroei. Vir die laaste  5 jaar is dit  ʼn halfuur lange daaglikse drama op weeksdae om 19:30 op kykNET. Binnelanders is vandag stewig gevestig en het van sy ontstaan af reeds ʼn lojale kykersmark wat seker maak die storie bly een van kykNET se top-programme met van die hoogste kykertalle op die kanaal.

Binnelanders word van 2011 eksklusief op kykNET uitgesaai, nadat dit geskiedenis gemaak het as die eerste sepie in die land wat gelyktydig op twee kanale uitgesaai was, op M-Net en op kykNET.

Toe Egoli destyds gekanselleer is, is dié gaping deur Binneland Sub Judice gevul. Vir ʼn uur aaneen het kykers die lief en leed van Binneland Kliniek saam met die doen en late van die regspraktyk RPK Ingelyf gedeel.

RPK Ingelyf

RPK Ingelyf

Die storie is oorbrug deur Michelle Botes, toe seker die gesogste TV-aktrise in die land, wat die rol van At Koster se geliefde Ingrid Jordaan gespeel het – Ingrid was ook die ma van die reeks se toekomstige feeks, Stefanie Malherbe (gespeel deur Rolanda Marais).

Toe daar besluit is dat alle Afrikaanse inhoud voortaan deur die Afrikaanse niche-kanaal kykNET uitgesaai moet word en nie deur M-Net nie, moes Binneland Sub Judice die Engelse Sub Judice-helfte van die program prysgee en terugkeer na die halfuur formaat, in Afrikaans. Binnelanders is vandag ’n eksklusiewe kykNET-produksie.

Nuwe verwikkelinge in Binnelanders

Amanda Strydom het onlangs ingestem om Binnelanders deel van haar CV te maak en gaan die rol van Belinda vertolk. Ons weet wat sy gaan doen, maar ons wil nie nou die storie vir julle bederf nie! Al wat julle hoef te weet, is dat sy van September af gaan sorg vir intrige.

Nadia Valvekens se Pippa Malherbe is van die begin af  ʼn sleutelkarakter en gaan dit bly. Maar Pippa raak groot, ouer en wyser en die karakter pas aan by haar nuwe leefstyl as die vrou van multibiljoenêr Rian Malherbe (gespeel deur Erik Holm).

Néna Butler, wat die rol van Wilmien Deysel sal vertolk vanaf 22 Junie, is ‘n nuwe tipe jong Pippa – vars, pretensieloos, en met goeie morele waardes…

Néna Butler vertolk die rol van Wilmien Deysel

Met Pippa wat ouer is en nuwe uitdagings moet aanpak, stel die vervaardigers nou vir Néna Butler as Wilmien Deysel bekend, om die jong spanlede van die hospitaal aan te vul. Wilmien sal van 22 Junie op die kassie te sien wees, en beloof om ’n vars nuwe bries in die gange van die hospitaal te wees, saam met Karli du Preez (gespeel deur Pascal Pienaar) en Naomi Ferreira (gespeel deur Je-ani Swiegelaar).

Met Stefan Ludick (dr. Gustav Kemp) en Christiaan du Preez (gespeel deur Retief van der Liefde) wat nuwe weivelde gaan soek het, was daar ook ’n aanvraag na ’n splinternuwe dokter in die geledere van Binneland Kliniek. Hykie Berg, wat die rol van dr. Conrad Bester ná vier jaar hervat het, en Cindy Swanepoel, wat die kardioloog dr. Annelize Roux vertolk, kry nou ’n nuwe spanmaat: dr. Deon Visser (Pietie Beyers).

Pietie Beyers

Pietie Beyers

Tesame met dr. Steve Abrahams, die plastiese chirurg, en dr. Tertius Jonker is daar nou ’n gedugte span wat pasiënte moet versorg.

Pietie het Maandag sy eerste verskyning gemaak as Deon, en sommer met die intrapslag is daar reeds ’n hele paar misverstande wat in die komende weke uitgesorteer sal moet word.

2015

2015

Lees nou

Taylor Swift se nuwe liefde

Mila Kunis en Ashton Kutcher is swanger!

The post Binnelanders toe en nou appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


LêNet: Seks


LêNet: Verslind


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Taalkwessie: onverwagse versus onverwagte


Wiskunde, graad 7, November: gratis vraestel en memorandum


T Minus …. 6


Die oplossing vir yl hare is hier


Mikrogolf-wortelkoek