Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Jak de Priester se grondboontjiebotter-broodjie vir ekstra krag

$
0
0

Die Sally Williams Nougat-sanger en Reis na gister-aanbieder, Jak de Priester, is ’n bobaas-pa.

Sy kinders Jamie (6), Mija (5) en Mika (1) se gunsteling-kos van pa, is Jak se grondboontjiebotter-toebroodjie, vertel hy.

Veral Jamie smul graag daaraan.

kan nie onthou hoe my lewe was sonder 2 seuns nie! dalk rustiger!

A photo posted by jak de priester (@jakdepriester) on

Vandag bietjie date dag met my baby-girl, Mija! Kan n dag nou beter wees! #wintershopping

A photo posted by jak de priester (@jakdepriester) on

Hy vertel: “Jamie is in gr. R en ’n kranige rugbyspeler. Om die een of ander rede is hy elke keer honger net voor die oefening vyfuur in die middag begin. Ek maak vir hom ’n geroosterde broodjie wat die honger stil, maar hom ook genoeg krag en energie vir die oefening gee.”

Metode

Botter twee snye brood aan die buitekant.  Sny ’n piesang in skywe op die een sny brood en aan die ander kant smeer jy dik, crunchy grondboontjiebotter. Net vir daardie ekstra bietjie lekker, gooi heuning oor die piesangs. Vou toe en braai lekker bruin aan albei kante. Die broodjie moet lekker bros wees wees aan die buitekant.

“Jamie verlustig hom daaraan op pad rugby toe. Dis sy feesmaal.”

En dít is vir Jak die beloning. “Om my kind gelukkig te maak.”

Lees nou

Bederf jou pa met ’n boek vir Vadersdag

Leo koop ’n leeu – uit SA!

The post Jak de Priester se grondboontjiebotter-broodjie vir ekstra krag appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Wat staan 'n vrou te doen?


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


7 voordele van boegoe


Hygliteratuur: Buurtwag II


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur