Die afgelope paar weke moes jy iewers al die naam Ellie Goulding gehoor het. Volgens gerugte het sy glo prins Harry se hart gesteel! Of dit nou waar is of nie, hier’s 10 goed wat jy van Ellie moet weet.
1. Ellie is ’n Britse sangeres wat die tema-lied van die fliek 50 Shades of Grey, “Love Me Like You Do“, gesing het. Haar regte naam is Elena Jane Goulding maar almal ken haar as Ellie.
2. Sy is goeie vriende met Taylor Swift en het in Taylor se musiekvideo van Bad Blood verskyn.
3. Sy is ’n vegetariër.
4. Een van haar voormalige kêrels is die platejoggie Calvin Harris. Die einste Calvin wat onlangs Taylor se hart gebreek het. Ironies genoeg was dit Ellie wat Calvin aan Taylor voorgestel het.
5. Sy het ’n langasem en het al verskeie wedrenne voltooi om geld in te samel vir liefdadigheidsorganisasies.
6. Gedink Ellie is ‘n borrelende blondine? Haar natuurlike haarkleur is bruin.
7. Sy’s ook ’n ywerige klarinetspeler.
8. Vir talle jong mense is Ellie ’n rolmodel, iets wat sy baie ernstig opneem.
9. In 2011 het sy by die onthaal van die hertog en hertogin van Cambridge, Prins William en Kate, se troue gesing.
10. Sy is dubbelhandig. Ellie kan ewe goed haar regter- en linkerhand gebruik.
Bronne: Wikipedia, Imbd, Veganuary, E!-news, Daily Mail
Lees nou
Uiteindelik! Die lusmaker vir Sy Klink Soos Lente!
The post 10 goed wat jy van Ellie Goulding moet weet appeared first on SARIE.