Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all 2294 articles
Browse latest View live

P!nk vir dogtertjie: “My kind jy is beeldskoon!”

$
0
0

Geen ouer wil die volgende woorde uit hul kind se mond hoor nie: “Mamma, ek is lelik.” Maar dis ongelukkig wat die Grammy-wenner P!nk se 6-jarige dogtertjie, Willow Sage, vir haar gesê het.

“Mamma, ek is lelik. Ek lyk soos ’n seuntjie met lang hare,” het Willow onlangs vir P!nk gesê toe hulle skool toe gery het.

Tour bus Life

A post shared by P!NK (@pink) on


P!nk het gister hierdie hartseer woorde met die gehoor by die MTV se Video Music Awards gedeel. Sy het die Michael Jackson Video Vanguard-toekenning ontvang.

Sy vertel toe dat sy ’n Powerpoint-aanbieding saamgestel het van kunstenaars wat hulself aanvaar, ten spyte van wat die wêreld van hul dink. En die aand het sy dit Willow gewys. P!nk het vir haar dogtertjie gesê dat sy haarself moet aanvaar en haarself moet liefhê. Haar dogtertjie was gister in die gehoor en het ’n pak gedra.

Sy het haar toespraak geëindig met die volgende woorde:

“Jy, my pragtige dogter, is beeldskoon en ek is lief vir jou.”

Kyk haar roerende toespraak hier:

The post P!nk vir dogtertjie: “My kind jy is beeldskoon!” appeared first on SARIE.


Prins Harry en Meghan: Is daar ’n verloofring?

$
0
0

Dis nege maande sedert die aantreklike prins Harry sy hart op die pragtige Meghan Markle verloor het. ’n Moderne sprokiesverhaal: Sy is ’n aktrise uit Kanada, hy ’n Britse prins wat in die Kensington-paleis woon. Albei het ’n hart vir mense, en hulle deel ’n liefde vir Afrika. Lank is sy partytjiedae vergete, nou is daar net ’n man wat sy maat gevind het. Hy het haar al aan sy familie voorgestel. En dinge lyk ernstig … koningin Elizabeth het glo toestemming gegee dat Harry met sy Meghan mag trou.

Drie dae gelede het die paartjie stil-stil in ’n privaatvliegtuig in Zambië geland, berig ABC News. Harry wil glo vir Meghan die Victoria-waterval, een van die wonders van die wêreld, wys. Hulle is reeds drie weke in Afrika. Die Suits-aktrise het haar 36ste verjaardag in Botswana gevier. Nou bespiegel almal: Gaan hulle verloof raak?

In 2010 het prins William, hertog van Cambridge en Harry se ouer broer, in Afrika vir sy vrou, Catherine, gevra om te trou. Dit was op die berg Kenya.

Dis al twintig jaar sedert Harry die eerste keer sy voete in Botswana gesit het. Dit was ná sy ma, prinses Diana, se tragiese dood in 1997. Sy pa, prins Charles, het hom en sy broer daarheen geneem om weg te kom van die intense media-aandag, berig ABC News.

“Dis hier waar ek meer na myself voel as op enige ander plek in die wêreld. Ek het hier ’n intense gevoel van normaliteit,” het Harry in Januarie aan Town & Country gesê.

Nes Harry het Meghan ’n groot behoefte om mense te help. In 2015 is sy aangewys as een van die Verenigde Nasies se kampvegters vir vroue.

Harry verdien geluk, nie waar nie? Hy het nie net in die Britse weermag gedien nie, maar doen ook baie vir liefdadigheid, diere en kinders. ’n Spieëlbeeld van sy ma, die Prinses van Harte.

The post Prins Harry en Meghan: Is daar ’n verloofring? appeared first on SARIE.

Veels geluk Nataniël! Hier’s sy roerende toespraak en grootste les

$
0
0

Hoe kaal en vaal sou die lewe wees sonder ons gunsteling-kaalkop Nataniël? Hy vier vandag sy verjaarsdag en vanjaar vier hy 30 jaar as solo-kunstenaar in die bedryf. 

Nataniël is een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde kunstenaars, en die skrywer van Kaalkop, SARIE se nommereen-rubriek. Verlede jaar is hy tydens die Huisgenoot-Tempo-toekennings vereer as Afrikaanse Erfenislater.

Sy toespraak by die geleentheid was roerend. Net soos baie van sy projekte. Ons luister wanneer hy praat. Ons gaan kyk sy konserte en lees wanneer hy skryf. Sy Kaalkop-rubriek, wat hy al sedert 2002 eksklusief vir SARIE skryf, laat ons lag en huil. Hy gee hoop en leer ons waardevolle lewenslesse. Sy boodskap is altyd een van inspirasie. Om te dink Nataniël het aanvanklik vir SARIE se redakteur, Michélle van Breda, gesê hy sal vir ’n jaar ’n rubriek skryf. Maar Nataniël het gebly en sy gewilde SARIE-rubriek bestaan al meer as 14 jaar.

Nataniël was ook al vyf keer op SARIE se voorblad, die eerste keer saam met sy suster, Madri, en meer onlangs saam met aktrise Brümilda van Rensburg, sy universiteitsvriendin. Dit moet ’n rekord wees vir ’n man op die voorblad van ’n vrouetydskrif!

Hier is die toespraak wat Nataniël met die ontvangs van sy toekenning gelewer het. Nog ’n stukkie inspirasie.

“Daar is duisende mense – party is bly, die res is woedend – wat nie kan glo dat so ’n oomblik kon aanbreek nie.

Ek werk nou al 32 jaar, 29 daarvan as solo-kunstenaar. En dit het nie maklik begin nie, ek was nooit mooi of cute nie, ek het nie rondgeloop met ’n 6-pack of vierkantige tieties nie, elke deur wat oopgegaan het, het ek oopgebid of oopgeskop. Dit het gesorg dat ek nooit deel van iets was nie, dat ek my loopbaan op die kantlyn begin het en dat dit die plek is waar ek nog steeds tuis is.

Sukses is dalk vir mense ’n goue plaat of ’n vol tent, vir my is dit geluk. Die grootste les wat ek ooit geleer het, is dat kwaliteit en geluk bepaal word deur hoe naby jy in jou leeftyd kom aan jou roeping, iets wat weens omstandighede nie vir almal beskore is nie.

Al sê wie ook wat, in vergeleke met vermaaklikheid in die res van die wêreld, het ons ’n klein bedryf en ’n klein gehoor. Ons sit hier eenkant soos ’n koppiespeld in ’n tennisbal. En om ’n lang loopbaan te hê moet jy jouself dun smeer en morsdood werk. Ons doen almal gereeld goed wat ons nie rêrig wil doen nie, ter wille van oorlewing of omdat ons geboelie word deur onsself of die vier groot m’e: maatskappye, media, management of mamma. Ek het net een kriteria, dat ek aan die einde van my lewe moet kan terugkyk en weet dat ek oor niks skaam is nie en dat ek my bes gedoen het.

Om elke oggend wakker te word en te weet niemand gaan my voorskryf wat om te doen nie, dat ek ’n verskriklike vol dag voor het en dat 99% van wat ek doen my gelukkig maak, is ’n ontsettende groot voorreg. Ek het nog nooit in my lewe iets gedoen en ná die tyd gedink dit was goed nie, hopelik kom dit nog, maar ek is elke keer ongelooflik opgewonde en doen elke keer die beste wat ek kan, en dis my geluk.

Ek moet twee name noem, mense sonder wie ek nie vir 24 uur aan die lewe kan bly nie. Dankie aan die pianis Charl du Plessis, wat al 17 jaar saam met my op die verhoog is, en Nicolaas Swart, wat my lewe bestuur. Ook die mense in my huis en kantoor, my ontwerpers, Floris Louw en Shani Boerstra, die wardrobe-mense, my TV-crew, my fotograaf, my make-up artist, my huisdokter, die ander een met die botox, my sielkundige, my fisio, my chiro, my joga-instrukteur en my sjef. (Mense wat ek uit my hart kan sê my ’n fortuin kos!)

Dankie aan Huisgenoot, julle is 100 jaar oud, ek is amper, maar ons lyk fantasties!

En terwyl ons hier is, dankie aan Emperors Palace, hierdie is die 15de jaar van my residensie.

’n Toekenning verander niks en beteken niks as dit nie iemand anders inspireer nie. Iewers is daar ’n vreemde seuntjie met stemme in sy kop en talent in sy lyf, maar hy voel verdwaas en verstote want sy pa gooi op van skok elke keer as hy om die hoek kom. Maar hy gaan hoor van hierdie ding en dat ek gesê het, Hou net aan met wat jy doen, daar kom ’n dag dat mense gaan betaal om daarna te kyk.

Baie dankie.”

Lees ook

Nataniël: 30 jaar in die bedryf

The post Veels geluk Nataniël! Hier’s sy roerende toespraak en grootste les appeared first on SARIE.

Juanita du Plessis se goeie nuus!

$
0
0

Die appel val nie ver van die boom af nie. Franja du Plessis is net so beeldskoon soos haar geliefde sangeres-ma, Juanita du Plessis. En boonop is sy net so talentvol! 

Juanita kan beslis trots wees op haar dogter se loopbaan, maar ook op haar eie loopbaan! Haar jongste album “Koningskind” het binne twee maande platinumstatus bereik. Baie geluk, Juanita!

Franja het hierdie pragtige foto op Instagram gedeel:

En Juanita het hierdie foto gedeel:

The post Juanita du Plessis se goeie nuus! appeared first on SARIE.

Afrikaanse sanger draai by dood om

$
0
0

Drie jaar gelede het hy by die dood omgedraai. Sanger en liedjieskrywer Appel se gewilde nuwe album vertel dié storie. Dis terselfdertyd ’n ode aan sy vrou wat nooit sy sy verlaat het nie.

“As dit nie vir haar was nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie,” sê die sanger en liedjieskrywer Appel eerlik en bewoë oor sy vrou, Sally-Ann.

Net minder as drie jaar gelede, in Oktober 2014, het Appel (oftewel Christoph Kotzé) by die dood omgedraai nadat twee absesse op sy brein ontdek is. Vir drie maande was hy in die hospitaal terwyl dokters gespook het om hom gesond te maak. Waar hy nou uitspan op ’n rusbank in die kantore van Inhoud Huis, die musiekproduksiemaatskappy in Pretoria-Oos wat deur liedjieskrywer Johan Vorster begin is, en waar Appel ook as liedjieskrywer werk, is hy die toonbeeld van gesondheid. Dis moeilik om te glo hy was nie so lank terug nie verlam ná epileptiese aanvalle weens die absesse.

Dit was Sally-Ann se stille krag en aanmoediging terwyl sy boonop hoogswanger was met hul dogtertjie, Luna-Bella, wat hom deurgetrek het, vertel hy. “In ’n tyd wat sý beskerming en rustigheid nodig gehad het, met alles waardeur ’n vrou se lyf en emosies gaan tydens ’n swangerskap, was sy my rots. Sy is ’n engel wat oor my pad gekom het.”

Dié dat hy twee liedjies op sy gewilde nuwe album, Lei my na die water, vir haar geskryf het. “Woorde is nie eintlik genoeg nie, maar ek het die liedjies ‘Vroumens’ en ‘Sally’ geskryf om vir haar dankie te sê. Ek sal haar altyd vir daardie tyd eer. Sy is ’n ongelooflike sterk vrou.”

Appel se vrou, Sally-Ann en hul dogtertjie, Luna-Bella.
FOTO Facebook / Appel Musiek Vol

Appel het siek geword kort voor die paartjie sou trou – die dag voor sy rampartytjie. “Ek en my pa, Martin, het daardie dag teruggery van Pretoria af na ons familieplaas by Brits, waar ek en Sally toe nog gewoon het. Ons het nét tuisgekom toe ek, sonder enige waarskuwingstekens, ’n epileptiese aanval kry. My pa het met my hospitaal toe gejaag waar hulle ’n CT-skandering van my brein gedoen het, maar dit het niks gewys nie en die dokters het my huis toe gestuur.” Maar só ’n skok, verduidelik hy, los jou nie sommer nie, al het dokters tóé gesê dis dalk net ’n eenmalige aanval.

“Ek het baie groot geskrik, maar ek dink my familie nog meer. Ek het my bewussyn verloor en nie eens geweet wat gebeur nie, maar hulle het natuurlik alles gesien. Die partytjie het die volgende dag voortgegaan, maar ek was te bang om selfs ’n druppel te drink. En toe, die oggend daarna, kry ek weer ’n aanval. Dié keer het ek gesien hoe my arm verby my kop pluk, en toe verloor ek weer my bewussyn.”

Dié keer is hulle na die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria, waar ’n neuroloog hom laat opneem het. Verdere toetse het ’n abses op sy brein bevestig. Appel is vir MIV getoets, een van die grootste oorsake van ’n breinabses, maar dit was negatief. “Die dokters kon nie vasstel wat die oorsaak was nie. Nóú nog weet ons nie. Hulle het nog nooit so iets gesien nie.”

FOTO Facebook / Appel Musiek Vol

Monsters van die abses is na Europa gestuur, waar spesialiste dringend ’n antibiotika daarvoor moes ontwikkel. “Die antibiotika het begin werk en die swelling op my brein het begin afneem, maar toe kry ek die grootste aanval nóg – omtrent vyftien minute lank.”

En dís toe Appel gedink het dis die einde. “Dié keer was ek bewus van wat om my aangaan. Die aanval het net die regterkant van my lyf geraak, die linkerkant was normaal. Ek kon sien hoe die verpleegsters om my staan terwyl hulle vir ’n dokter wag. Ek kan nie eens beskryf hoe angswekkend dit was nie. My hart het uiteindelik ophou klop en my longe het yskoud begin voel. Ek onthou nog hoe ek gedink het dis dit, hierdie is nou my laaste asem. En toe hou die aanval op. Op daardie oomblik het ek gewéét: Ek kry ’n tweede kans op die lewe.”

Die regterkant van sy lyf was daarna verlam. “Ek kon nie meer praat of loop nie, en ek het soms nie geweet of ek die volgende dag gaan maak nie. Die antibiotika het net ophou werk.”

Luna-Bella
FOTO Facebook / Appel Musiek Vol

’n Tweede abses is onder die oorspronklike een ontdek. Appel se enigste hoop was ’n uiters riskante operasie om albei te verwyder. “Die dokters het gesê my kans op oorlewing tydens die operasie is 4%. Die alternatief was dat die abses kon bars en my doodmaak. Daar was nie regtig ’n keuse nie.

“Op ’n stadium het ek my hand op Sally se maag gesit en net vir haar gekyk. Wat ek wou sê, was: ‘Ek is lief vir jou. Dankie. Ek is lief vir ons dogtertjie, al weet ek nie of ek haar ooit gaan sien nie.’ Maar my mond kon nie die woorde vorm nie.” Appel se oë word vol trane as hy aan daardie oomblik terugdink, want Sally-Ann het presies geweet wat deur sy kop gaan. “Sy het net gesê: ‘Ek weet, my liefie.’”

Die operasie was ’n groot sukses. “Die aand vooraf het ons almal saam gebid – ek, my familie, selfs die dokters en susters, en ’n kalmte het oor my gekom. Wat sou gebeur, sou gebeur, maar ek sou veg om my dogtertjie te kan sien.”

Daarna het hy maande lank spraak en fisioterapie gekry om weer te leer loop en praat. “Ek onthou hoe ek klein balletjies in ’n 500 ml-koeldrankbottel moes gooi, en ek kón eenvoudig nie. Ek kon nie my groottoon beweeg nie, al het ek hóé hard gekonsentreer. Ek moes hardop lees – dan sien en verstaan ek die woorde, maar ek kan dit nie sê nie.

“Met haar groot, swanger maag het Sally my gebad terwyl ek verlam was. Soggens het sy vroeg hospitaal toe gekom en my met al my oefeninge gehelp. Wanneer ek motivering nodig gehad het, was sy streng, en wanneer ek moedeloos gevoel het, was sy sag. Sy weet eenvoudig nie van opgee nie. Sy’t my geleer wat ware liefde is.”

Appel is in Januarie 2015 ontslaan en in Maart, ses maande ná daardie eerste Luna-Bella is in Februarie gebore. “Ek wens ek kon daardie tyd oor hê, net om ten volle myself te kan wees en dit só te ervaar. Helder ligte het nog gepla, geraas was harder as gewoonlik en ek was nog deurmekaar.”

Maar vandag glo hy dit het alles om ’n rede gebeur. “Ek moes verander om ’n beter pa en man te kan wees. Voorheen het ek hopeloos te veel gekuier en was die grapgat by partytjies. Ek het geen grense gehad nie en was selfsugtig. Of Sally nou kwaad was vir my omdat ek laat uit was, ek het nie omgegee nie en gedoen wat ek wil, asof almal en alles vervangbaar is. “Maar wanneer jy byna alles verloor, sien jy wat werklik saak maak. Die belangrikste nou is my vrou, dogtertjie en my ouers.” Sally-Ann sê ook sy sien ’n verandering in haar man. “Hy is ’n baie bedagsamer mens. Hy luister regtig aandagtig en gee om. Voorheen sou hy ook klein dinge teen mense hou, maar nou sal hy dit laat gaan. En sy geloof is dieper. Dit was al wat ons deur daardie tyd gekry het – met Luna in my maag het ek geweet ek kan nie paniekerig raak nie, en my geloof was al wat my sterk gehou het.”

Hulle is in Oktober 2015 getroud. En Appel het begin werk om sy album klaar te skryf. “Die meeste van die album is eintlik oor daardie tyd in my lewe, en die dinge wat ek daaruit geleer het. Dit kom reg uit my hart en ek dink dis hoekom mense daarby aanklank vind, dis baie opreg.”

En mense is mál daaroor. Die album het in Februarie vanjaar, kort ná sy uitreiking, die nr. 2-plek op iTunes gehaal. Die liedjies wat hy vir Sally- Ann geskryf het, is veral gewild. Rikus de Beer, die komediant Radio Raps, het op Valentynsdag vanjaar getwiet:

“Dankie, Appel, jy’t Valentynsdag vir ’n klomp ouens baie makliker gemaak.” Appel is dalk ’n nuwe naam as  kunstenaar, maar hy maak eintlik al jare lank musiek. Dié naam is tydens sy gr. 8-ontgroening deur ’n matriekseun gekies, en dit het net gebly. Hy het wel al twee albums onder sy regte naam, Christoph Kotzé, uitgegee, en saam met kunstenaars soos Jan Blohm getoer.

FOTO Facebook / Appel Musiek Vol

Maar dis veral as liedjieskrywer wat hy bekend is – iets wat eintlik heel toevallig gebeur het. “Van my vriende het Theuns Jordaan by een van my vertonings raakgesien en vra hom toe om ná die tyd na een van my liedjies, ‘Jasmyn Katryn’, in my kar te kom luister. Ek het so skaam gekry dat hulle iemand soos Theuns vra om na my musiek te luister. Wie is ek nou! Maar toe kom hy en hy was mal daaroor. En hy vra of hy dit kan cover en ook of ek sommer vir hom nog ’n liedjie sal skryf. Ek het natuurlik ingestem. Ek was só senuweeagtig om ‘Sal jy bly’ vir hom te gee. Toe word dit ’n treffer en ek het gesien ek kan dalk geld hieruit maak.”

Appel is ook verantwoordelik vir treffers soos Karlien van Jaarsveld se “Hande”, Eden se “Superhero” (wat die Ghoema-toekenning vir liedjie van die jaar in 2014 gewen het), “Koue voete en warm liefde” deur Bok van Blerk, en Laurika Rauch se “Wals, wals Willemien”.

Maar dié keer het hy besluit om self sy liedjies te sing. “Ek het gevoel niemand gaan dit kan sing soos ek dit wil sing nie. ’n Liedjie klink anders as dit jóú emosies is. En die hele album is baie persoonlik, al is daar ook ligter goed soos ‘Lemoene’, my duet met Bok van Blerk.” Die album se sukses is egter vir hom ’n bysaak.

“Voorheen sou dit vir my belangrik gewees het; ek het myself so met ander vergelyk. Maar nou maak sukses en geld vir my min saak, solank ek my familie het. Alles anders is ’n bonus, en ek voel baie geseënd dat die album so goed doen. My oë het oopgegaan vir wat wérklik belangrik is.”

– Die artikel het oorspronklik in SARIE se Augustus 2017-uitgawe.

The post Afrikaanse sanger draai by dood om appeared first on SARIE.

Wie is Lea Vivier?

$
0
0

Sy kan dit steeds nie glo nie. “Ek is eintlik oorweldig. Ek het dit geensins verwag nie!” Die pragtige Lea Vivier, ’n Kaapse boorling, is Saterdag as beste aktrise bekroon by kykNET se sewende Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad. Haar karakter? ’n Waitress, op soek na haarself, in die millenniër-fliek Wonderlus

Dit was Lea se eerste fliek. “Eintlik het my beker reeds voor die toekenning oorgeloop. Om net in ’n fliek te kon speel wat by die Silwerskermfees wys, was klaar eerste prys. Ek is so dankbaar!”

Toe sy hoor sy is benoem, was sy besig om saam met haar beste vriendinne ontbyt te eet.

“Ek het die boodskap op my foon gesien, een benoude gil gegee, my foon op die tafel neergegooi, na ’n boom gehardloop en op dit geklim,” sê sy laggend.

Haar vriendinne het net hande geklap en gesoebat dat sy liefs uit daai boom klim.

“Dit was net instink. Ek kon dit net nie glo nie!”

Lea met haar Silwerskermfees-toekenning vir beste aktrise.
FOTO Instagram / @Vivier.Lea

Om ’n aktrise te wees vloei in haar are. Haar ma, Adri, is ’n Afrikaans- en drama-onderwyser, en haar ouer suster, Trix, is ook ’n aktrise. Trix sal in Oktober in die nuwe kykNET-reeks Waterfront te sien wees. Hul jonger suster, Meije, studeer medies aan die Universiteit Stellenbosch.

“Trix en Meije is my beste vriendinne en sielsgenote. Ek is dankbaar om iemand wat ek goed ken en vertrou, in die bedryf te hê. Maar dis ook ’n uitdaging. Ons sal dikwels vir dieselfde rolle oudisie … dan huil ons eers en lag en praat daaroor. Ons is altyd eerlik met mekaar. Maar ons persoonlike verhouding is baie belangriker as ons werk.”

Lea saam met haar ma, Adri.
FOTO Instagram / @Vivier.Lea

Die drie Vivier-susters: van links is Lea, Meije en Trix.

Aanvanklik wou Lea nie drama studeer nie.

“Vandat ek vier was, het ek perform. Ballet, eisteddfod, tienertoneelfees, ATKV. In my matriekjaar het ek besluit om die volgende jaar af te vat, myself te vind en seker te maak die loopbaan is vir my.”

Sy het toe vir ’n jaar in Chili, Suid-Amerika, gaan woon en kon binne ses maande vlot Spaans praat.

“Ek besluit toe om die volgende jaar tale by UCT te gaan studeer. Ek het Spaans, Engels en Afrikaans-Nederlands geneem. Maar ek was sielsongelukkig. Ek wou terug verhoog toe, ek wou toneelspeel.”

En toe besluit Lea in 2012 om drama by Rhodes te gaan studeer.

“Ek het net besef acting is my craft. Om op stel te wees, voor die kamera, op die verhoog en om net te werk maak my die gelukkigste. Dis my grootste droom.”

FOTO Instagram / @Vivier.Lea

Terug in Johannesburg, waar sy deesdae woon, is Lea baie bedrywig. “Ek is op die oomblik deel van ’n Engelse opvoedkundige teaterstuk wat opgevoer word by talle skole. Dan is daar ’n paar potte wat aan die kook gehou word, maar meer kan ek nie verklap nie.”

Haar grootste lewensles?

“Een van hulle is om te luister, werklik te luister. Ons vergeet om te luister; voor die persoon klaar gepraat is, het ons reeds ’n antwoord. Om te luister, elke woord te hoor, is belangrik.”

Vir Lea is die toekoms blink, dit hou selfs ’n “absurde droom” in.

“O, dis ’n absurde droom! Maar van kleintyd af was my gunsteling-aktrises Spaans gewees … Salma Hayek, Penelope Cruz en die akteur Javier Bardem. Ek sal nie omgee om saam met hulle in ’n fliek te speel nie, in Spaans, in Spanje.”

Kyk Wonderlus se lokprent hier:

The post Wie is Lea Vivier? appeared first on SARIE.

Koninklike baba is hier!

$
0
0

Hy is die wêreld se tweede mooiste prins, het ’n Crown Clinic-peiling verlede jaar bevind. Nou het die pragtige donkerkop prins Carl Philip van Swede en sy vrou, prinses Sofia, hul tweede baba verwelkom. 

Die nuus is op dié koninklikes se amptelike Instagram-blad gedeel. Prinses Sofia het Donderdagmiddag die lewe geskenk aan hul nuweling, berig People.

Die pragtige paartjie, wat in 2015 getroud is, het reeds ’n skattige 1-jarige seuntjie, prins Alexander. Dis nog nie bekend of hy ’n suster of broer bygekry het nie. Die koninklikes sal later die naam en geslag bekend maak.

A post shared by Kungahuset (@kungahuset) on

The post Koninklike baba is hier! appeared first on SARIE.

EKSKLUSIEF: Caroline-Grace se musiekvideo

$
0
0

Sy het 13 jaar gewag om haar droom waar te maak: Om musiek te maak en uit die hart te sing. “Ek het naderhand gedink dit gaan dalk nooit gebeur nie, maar ek kon net nie opgee nie.” Vandag deel The Voice-ster Caroline-Grace Brüssow haar eerste enkelsnit en musiekvideo, “Ek bid vir jou”.

En hoe voel sy?

“Bevoorreg, opgewonde en trots Suid-Afrikaans. Nou kan ek uiteindelik my passie en liefde vir musiek uitleef en ’n verskil maak.”

FOTO Instagram / @carolinebrussow

Die pragtige blondekop se stem het gesorg dat sy vroeër vanjaar in die top-4 van The Voice SA geëindig het. Met haar blinde oudisie vir die tweede seisoen van dié gewilde werklikheidsangkompetisie op M-Net het net een beoordelaar, Bobby van Jaarsveld, omgedraai.

“Jy voel ’n warboel van emosies. Jou selfvertroue kry ’n knou, want jy vra dadelik vir jouself hoekom niemand omdraai nie – is jy nie goed genoeg nie? Ek het maar net aanhou sing. Ek het geweet as ek daai hoë noot in die liedjie slaan, sal iemand omdraai. Ek het so bietjie in my kop gebid ook, maar gefokus gebly en aanhou sing.”

Caroline-Grace, wat met die Springbok-rugbyspeler Heinrich Brüssow getroud is, het nog altyd hard gewerk vir hierdie droom.

“Natuurlik weet mens nie hoe jou lewe gaan verloop nie, maar een ding is seker: Met harde werk, hoop en vertroue sal jy bo uitkom.”

FOTO Instagram / @carolinebrussow

Heinrich, wat op die oomblik vir Docomo Red Hurricanes in Japan speel, het onlangs laat weet hy gaan nie sy kontrak met die klub hernu nie. Ter wille van Caroline-Grace se sangloopbaan wil hy eerder in Suid-Afrika of Engeland speel, volgens Netwerk24.

Vir die paartjie, wat al sedert 2013 getroud is, is dit belangrik om mekaar se drome én loopbane te ondersteun.

“Dit wys dat julle mekaar respekteer en erken. Om mekaar te ondersteun voeg ongelooflike waarde aan ’n huwelik toe en laat dit blom.”

Haar raad vir pasgetroudes?

Wees lief vir mekaar en spandeer apart tyd saam met God, vestig julself in Sy Woord en hou aan bid. Julle gaan getoets word en as julle wortels sterk is, kan julle enige storm aanpak.”

Caroline-Grace pas altyd dié lewensles toe:

Niks kom vanself nie en niks val net in jou skoot nie. Jy moet jou kant bring, opofferings maak, almal met respek hanteer en, belangrikste van als, altyd dankbaar wees.”

Hier’s die musiekvideo vir Caroline-Grace se eerste enkelsnit, “Ek bid vir jou”:

The post EKSKLUSIEF: Caroline-Grace se musiekvideo appeared first on SARIE.


SARIE Voorbladgesig: #AgterDieSkerms by episode 4!

$
0
0

In episode vier van SARIE Voorbladgesig ontmoet kykers die vorige wenners van die wedstryd. Die vroue vertel van hul lewe ná hul SARIE-voorblad en gee raad aan die Top-10. 

Jy sal die gesigte onthou. Van 2011 tot 2016 het SARIE Voorbladgesig reeds sewe voorblaaie opgelewer, met 2016 se twee voorblaaie die grootste verrassing. Vanjaar maak jy die hele soektog mee danksy SARIE Voorbladgesig, elke Maandag om 17:30 op kykNET.

Kyk net die foto’s uit episode 4:

Monique Sutherland, Voorbladgesig 2014, beantwoord regisseur Berdene Burger se vrae.

Alrie Velleman, Voorbladgesig 2011.

Elmaré Schutte, een van 2016 se Voorbladgesig-wenners.

Nicola Smit, die ander Voorbladgesig-wenner in 2016.

Hier gesels Marike Nel, 2013 se wenner.

Nicola voor die kamera.

Rozanne McKenzie gesels met die Top-10 tydens hul spa-bederf by Beauty Within, Menlyn Boutique Hotel.

Elmaré voor die kamera.

Carlize Earle, 2015 se Voorbladgesig-wenner, beantwoord Berdene se vrae.

Marike voor die kamera.

Hier is die herhalings:

SARIE Voorbladgesig word met trots geborg deur Nomination South Africa, Inoar Professional SA, kykNET en Menlyn Boutique Hotel.

Lees nou

Voorbladgesig: Berdene die storieverteller

SARIE Voorbladgesig: #AgterDieSkerms by episode 3!

SARIE Voorbladgesig: #AgterDieSkerms by episode 2

 

The post SARIE Voorbladgesig: #AgterDieSkerms by episode 4! appeared first on SARIE.

Dís hoekom prins George altyd kortbroeke dra

$
0
0

Al ooit gewonder hoekom jy prins George altyd in ’n kortbroek sien? Al lyk dit hóé koud buite, sal die vierjarige prinsie se kaal bene wys.

Wel, daar is ’n interessante antwoord.

Dit het alles te doen met tradisie. Dis glo een van die subtiele maniere waarop koninklikes en hoër klasse hulself onderskei van die werkersklas. Die etiketkonsultant William Hanson verklap in die Amerikaanse glanstydskrif Harper’s Bazaar dat die dra van langbroeke onder Britse adellike seuns eers as aanvaarbaar geag word wanneer hulle agt jaar oud is. Voor daardie ouderdom word dit gesien as ’n teken van “voorstedelikheid”.

Queen Elizabeth and her little royals #princegeorge

A post shared by Prince George (@princegeorge_cambridge) on

Kyk net die perfekte etiket: Prins George dra ’n kortbroek terwyl sy oom Edward se agtjarige seun, prins James van Wessex (heel links in die foto), ’n langbroek aanhet.

Prince George walks to Christmas day church service 😊

A post shared by Prince George fanpage (@princegeorgehrh) on

Geen verskonings op ’n koue dag nie! Lang sokkies en ’n jas sorg dat die jong prins nie té koud kry op pad kerk toe nie.

The post Dís hoekom prins George altyd kortbroeke dra appeared first on SARIE.

Kyk net Jay du Plessis se pragtige gesin!

$
0
0

Om vier seuns groot te maak is geen grap nie – dis harde werk! Gelukkig lyk dit of die Afrikaanse sanger, Jay du Plessis, darem kaptein is van sy klein rugbyspan. 

Jay en sy beeldskone vrou, Mia, is gelukkige ouers van die oulike laaities Aidan, Samuel, Luka en Jamie! Binnekort gaan die hele gesin op VIA te siene wees. In Jay en die boys kuier ons saam met Jay en sy gesin – sy vrou, Mia, daag hom en die laaities ook uit om saam doen-dit-self-projekte in en om die huis aan te pak. Die reeks sal op Dinsdag 19 September om 21:00 begin.

Ons kan nie glo hoe groot Jay se seuns geword het nie!

FOTO VIA

Vir Jay is pa-wees onsettend belangrik.

“Die belangrikste deel van pa-wees is om seker te maak jou kinders word gebalanseerde volwassenes. Om te sorg dat hulle respek vir ander het en te weet hoe om ten volle lief te hê en hulle oë nederig en dankbaar na Bo te hou,” het Jay destyds vir SARIE gesê.

Kyk net die pragtige foto’s van Jay en sy gesin:

FOTO VIA

FOTO VIA

FOTO VIA

FOTO VIA

– Van 19 September, elke Dinsdag om 21:00, heruitsendings Saterdae om 16:30.

The post Kyk net Jay du Plessis se pragtige gesin! appeared first on SARIE.

VIDEO: Kyk vir Romy-Lee!

$
0
0

Sy is te skattig! Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine, se babadogtertjie, Romy-lee, raak by die dag ouliker. En ons kan sien ma en pa is versot op haar.

Steve het onlangs hierdie video van klein Romy-lee (2 maande) op sy Instagram-blad gedeel:

At what age is BBC CBeebies appropriate? My daughter is 2 (months!)

A post shared by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

In SARIE se Julie-uitgawe het Steve ’n pragtige brief vir sy dogtertjie geskryf.

“As ek in my vaderlike onbehendigheid ’n oorlas van myself gaan maak, weet dan dit is omdat ons tydjie saam dalk ’n bietjie kort gaan wees. Ek gaan nie elke ou kan foeter wat vra of ek jou oupa is nie, maar ek gaan jou liefhê vir al die oupas wat jy nie kon geken het nie. En as ek nie meer geld het om op jou te spandeer nie, weet tog jy bly ons grootste belegging ooit. En as ek by jou matriekafskeid met ’n kierie opdaag, moet jy dankbaar wees dat dit nie met ’n haelgeweer is nie.”

Lees die volledige brief hier.

Monthaversary 🎉🎉🎉

A post shared by Janine Hofmeyr (@janinehofmeyr) on

The post VIDEO: Kyk vir Romy-Lee! appeared first on SARIE.

Serena Williams verwelkom eersteling

$
0
0

Sy het al 23 Grand Slam-titels gewen en nou het Serena Williams vir die eerste keer ma geword. Die nr. 1-speler op vrouetennis se afrigter, Patrick Mouratoglou, het die goeie nuus op Twitter gedeel. Die geslag? ’n Dogtertjie!

Serena het verlede Desember haar verlowing met Alexis Ohanian aangekondig. Alexis is die medestigter van Reddit.

Patrick het ool spesiaal vir Alexis gelukgewens.

The post Serena Williams verwelkom eersteling appeared first on SARIE.

Baba no. 3 vir Kate Middleton!

$
0
0

Oor ’n paar maande word prins George en prinses Charlotte ’n boetie of sussie ryker. Ja, die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is swanger met haar en prins William se derde kind.

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

Die Kensingtonpaleis het so pas die goeie nuus bevestig!

 

Kate het Maandagoggend ’n beplande besoek aan ’n kindersentrum in Londen gekanselleer as gevolg van hyperemesis gravidarum, ’n erge vorm van oggendnaarheid. Sy was met haar twee vorige swangerskappe vir dae lank in die hospitaal weens die toestand.

Onthou julle nog hierdie oomblikke?

Prins George is gebore!

FOTO Twitter / Kensington Palace

Prinses Charlotte is gebore!

FOTO Twitter / Kensington Paleis

The post Baba no. 3 vir Kate Middleton! appeared first on SARIE.

FOTO’S: Prinses Charlene se tweeling

$
0
0

Vanoggend het Kensingtonpaleis aangekondig die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, verwag haar derde kind, lees meer hier. Nou word daar foto’s vanuit Monaco gedeel! Hoe skattig lyk prinses Charlene van Monaco se 2-jarige tweeling, Jacques en Gabriella, deesdae? 

Prins Jacques en prinses Gabriella het die afgelope naweek die jaarlikse Monaco-piekniek bygwoon. Albei het dieselfde uitrusting gedra, ’n spoggerige strepies hemp en wit broek. Prinses Charlene het stylvol in haar swart uitrusting gelyk.

Kyk net hoe oulik lyk die tweeling:

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

FOTO Palais Princier de Monaco / Prince’s Palace of Monaco

 

The post FOTO’S: Prinses Charlene se tweeling appeared first on SARIE.


Taylor Swift doen dit weer!

$
0
0

Op 27 Augustus is die Amerikaanse sangeres Taylor Swift se musiekvideo vir haar nuwe enkelsnit “Look What You Made Me Do” vrygestel. Sedertdien is dit al meer as 186 miljoen keer op YouTube gekyk.

Nou het Taylor nóg ’n liedjie van haar sesde album, Redemption, vrygestel.

Taylor het omtrent ’n besige naweek gehad. Sy was die afgelope naweek ’n strooimeisie by haar beste vriendin, Abigail Anderson, se troue. Die bruilof het in Martha’s Vineyard, Massachusetts, plaasgevind.

Taylor het pragtig gelyk!

The post Taylor Swift doen dit weer! appeared first on SARIE.

Michael Schumacher se seun bring hulde aan hom

$
0
0

Die 18-jarige Mick Schumacher het die naweek in sy pa se 1994 Benetton om die Belgiese Formule Een-renbaan gery, 25 jaar ná Michael se eerste sege as renjaer in dieselfde motor en op dieselfde baan.

Die geleentheid by die Spa-Francorchamps-baan voor die begin van die Belgiese Grand Prix was om hulde te bring aan die Duitse renjaer, wat ná hierdie eerste F1-oorwinning nog 10 in die Benetton behaal het. Hy was sewemalige wêreldkampioen – twee keer as Benetton se jaer.

Mick Schumacher maak reg om agter die stuur van sy pa se Benetton Ford B194 te klim. FOTO: Mark Thompson/Getty Images

In die Benetton Ford B194. FOTO: Mark Thompson/Getty Images

Die Britse kampioen Lewis Hamilton het Michael ook by die geleentheid vereer en teenoor verslaggewers opgemerk hy wil graag weet hoe dit met die legendariese renjaer gaan.

Michael is in 2013 ernstig beseer in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe. Hy was maande lank in ’n koma voordat hy in April 2015 na ’n rehabilitasiekliniek in Lausanne, Switserland, verskuif is. Vanaf September 2015 is hy by sy huis in Duitsland.

Michael het sedert die ongeluk nog nie weer in die openbaar verskyn nie en sy familie praat nie met die media oor sy toestand nie. Die Duitse tydskrif Brunte moes verlede maand R500 000 se skadevergoeding aan die familie betaal ná ’n berig dat hy weer kan loop. Felix Damm, die familie se regsverteenwoordiger, het toe ontken dat hy self kan beweeg.

Mick was destyds saam met sy pa toe die fratsongeluk gebeur het. Vandag is hy ’n kranige sportman wat in sy pa se voetspore wil volg. Hy neem tans deel aan die Europese F3-kampioenskap nadat hy verlede jaar by die F4-byeenkomste was.

The post Michael Schumacher se seun bring hulde aan hom appeared first on SARIE.

Dié Hollywood-bekendes het blou bloed

$
0
0

Ons almal droom daarvan om blou bloed te hê. Maar dié Hollywood-bekendes het sowaar bande met die Britse koninklikes! Kyk wie deel dieselfde voorvaders.

Johnny Depp en koningin Elizabeth II

Die Amerikaanse akteur en Britse monarg is albei afstammelinge van Edward III, koning van Engeland vanaf 25 Januarie 1327 tot met sy dood op 21 Junie 1377.

Guy Ritchie en Kate Middleton

Die Britse regisseur Guy Richie en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, is albei nasate van David en Sarah (Meadows) Martineau, wat in die 1700’s in Engeland gelewe het. Richie was ’n gas by Kate en William se troue in 2011.

Madonna, Céline Dion en Camilla Parker Bowles

Twee van die wêreld se grootste popdivas en prins Charles se vrou is ver langs familie! Hulle kom almal uit ’n familie wat in die 1700’s prominent in Frankryk was.

Hilary Duff en koningin Elizabeth II

Hilary Duff en die Britse monarg het 18 geslagte gelede ’n grootjie gedeel.

A post shared by Her Majesty (@queenelizabeth) on

Pres. George W. Bush en prinses Diana

Die jonger oudpresident van Amerika is ver langs ’n neef van prinses Diana. Albei is afstammelinge van Thomas en Maria (Tromdin) Mitchell, ’n egpaar wat in die 16de eeu geleef het. Terloops, George W. Bush is ook ver langs familie van Hugh Hefner en Marilyn Monroe!

The post Dié Hollywood-bekendes het blou bloed appeared first on SARIE.

Bekendes se kleintyd-foto’s … Raai wie’s wie!

$
0
0

’n Toekomstige popster, beroemde aktrise, skoonheidskoningin en Olimpiese medaljewenner … Hierdie kinders is vandag van die bekendste mense in Suid-Afrika! Kyk of jy jou gunsteling-sterre kan herken.

1. Wie is hierdie haasbekkie?

2. En dié twee blondekoppe?

3. Raai wie is die atleet met die strikke in die hare?

4. En dié klein skoonheid?

5. Wie is dié oulike seuntjie?

6. En hierdie tienermeisie met die bril?

7. Wie se vriendelike gesiggie is dit dié?

8. En dié mooi skooldogtertjie?

9. Wie skram so weg van die kamera?

10. En die seun in die blou skoolhemp?

11. Raai wie is die baba met die donker oë?

Hier’s die antwoorde:

1. Minki van der Westhuizen (Foto: Instagram)

2. Karlien en Bobby van Jaarsveld (Foto: Verskaf)

3. Sorina Erasmus (Foto: Verskaf)

4. Rolene Strauss (Foto: Instagram)

5. Ryk Neethling (Foto: Verskaf)

6. Charlize Theron (Foto: Argief)

7. Karlien van Jaarsveld (Foto: Verskaf)

8. Carike Keuzenkamp (Foto: Verskaf)

9. Sonja Heroldt  (Foto: Verskaf)

10. Pierre Spies (Foto: Verskaf)

11. Patricia Lewis (Foto: Verskaf)

The post Bekendes se kleintyd-foto’s … Raai wie’s wie! appeared first on SARIE.

Partytjietyd! Bekendes wys hoe

$
0
0

Die Kanadese sanger Michael Bublé se oudste seun, Noah, het onlangs vier geword. En soos net Hollywood-ouers kán het Michael en sy vrou, Luisana Lopilato, vir hom ’n baie spesiale partytjie gehou. Die tema? Spider-Man!

Die kleuter is verlede November met lewerkanker gediagnoseer, maar ná maande se behandeling lyk sy pad vorentoe goed. ’n Lang stilte het gevolg nadat sy diagnose bekend gemaak is, met Michael en Luisana wat al hul aandag aan sy behandeling en herstel gewy het, berig Entertainment Online. Maar vroeër vanjaar het Luisana vertel dit gaan goed met hom.

Ons kan net dink hoe spesiaal die partytjie moes gewees het.

A post shared by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Die Hollywood-ster Tori Spelling se dogter Stella het ook onlangs verjaar. Die tema van die partytjie was unicorns, kompleet met ’n “regte” eenhoringperd!

More pics from Stella’s Unicorn 🦄 & Slime Party…DIY, Slime, Piñata time! Stay tuned for her Unicorn Swag Bag!

A post shared by Tori Spelling (@torispelling) on

Jessica Simpson het weer ’n Moana-partytjie vir haar seuntjie Ace gehou. Dit lyk omtrent of hy die dag geniet het. En kyk net die sakke vol geskenke!

Die realiteitster Kim Kardashian het vir klein North West ’n prinses-partytjie by Disneyland gehou. Elke dogtertjie se droom!

Jy hoef nie in Hollywood te woon om ’n fantastiese partytjie vir jou kind te hou nie. In SARIE Partytjie kry jy resepte vir verskeie temas, planne vir meisies en seuns, en vele, vele meer!

 

The post Partytjietyd! Bekendes wys hoe appeared first on SARIE.

Viewing all 2294 articles
Browse latest View live