Die aktrise Liv Tyler het onlangs weer ma geword. Die dogter van Aerosmith-rocker Steven Tyler het die lewe geskenk aan ’n babameisie, Lula Rose Gardner.
Die Armageddon-aktrise sowel as haar verloofde, Dave Gardner, het die goeie nuus op sosiale media gedeel. Liv sê sy is só gelukkig dat haar hart van liefde ontplof. Dave sê dat die harde werk nou eers gaan begin, want hy moet klein Lula se ouer broers leer om haar lyfwagte te word.
Liv se pa, Steven, het op sosiale media gesê hoe trots hy is om vir ’n derde keer ’n oupa te wees.
O MY GODDESS…MY NEW BABY GIRL GRANDDAUGHTER LULA ROSE GARDNER…I’M A TRIPLE CROWN PAPA SMURF PROUD GRANDPA STEVEN pic.twitter.com/BRK14WumEs — Steven Tyler (@IamStevenT) July 11, 2016
Lula het twee ouer broers, Milo (11) en die 17 maande oue Sailor Gene. Sy is die paartjie se tweede kind saam. Milo is uit haar vorige huwelik met die musikant Royston Langdon. Dave het ook ’n 8-jarige seun, Gray, uit ’n vorige huwelik.
Dit is nie ál celeb-paartjie wat onlangs ouers geword het nie. Die sangeres Alanis Morissette het oor die naweek die lewe geskenk aan ’n babadogtertjie, Onyx Solace Morissette-Treadway. Dit is die “Jagged little pill”-sangeres en haar man van 6 jaar, Mario “Souleye” Treadway, se tweede kind. Die paartjie het ’n 5-jarige seuntjie, Ever Imre. Alanis het haar swangerskapnuus met ’n animasie-video op haar webtuiste, Alanis Morissette, gedeel wat die sonarfoto van klein Onyx wys.
Kyk die video hier:
Praat van sonarfoto’s – die aktrise en voormalige Boer soek ’n vrou-aanbieder Angelique Gerber is swanger! Sy en haar man, die Blou Bul-rugbyspeler Jacques Potgieter, verwag ’n seuntjie slegs ’n maand na hul troue. Angelique het die nuus eksklusief met Huisgenoot gedeel.
Kyk die sonarfoto wat Angelique op haar sosiale media gedeel het:
Angelique het ook reeds ’n ooievaarstee vir die klein seuntjie gehad. Die voormalige 7de Laan-aktrise het dié foto op haar sosiale media gedeel:
Kyk hier watter celebs is óók swanger:
Lees nou
Gister en vandag: Kyk hoe lyk hulle nou
SARIE nou op Snapchat: Sien Rolene Strauss agter die skerms!
Meer as 140 000 mense soek dié selfoon!
The post Kyk watter voormalige 7de Laan-aktrise is swanger! PLUS nóg celeb-babas appeared first on SARIE.