Dis sekerlik een van die mees onpraktiese onderkledingstukke in die wêreld. Maar o wee, elke jaar verkyk ons ons aan Victoria’s Secret se fantasie-bra. En vanjaar se bra, Bright Night Fantasy, kos $3 miljoen (sowat R42 miljoen), eina!
Dié wonderbra bestaan uit 18-karaat-goud en 9 000 edelstene, asook diamante en smaragstene. Dis ook $1 miljoen (sowat R14 miljoen) duurder as verlede jaar se Fire Fantasy Bra wat Lily Aldridge gedra het.
Die engel wat dié bra gaan dra is niemand anders nie as die Amerikaanse model Jasmine Tooks.
Kyk net dié skitterende bra
My face after getting to see the bra for the 2nd time A photo posted by Jasmine Tookes (@jastookes) on
Vanjaar se modevertoning is in Parys, Frankryk. Bekende modelle soos Kendall Jenner, Gigi Hadid en haar suster, Bella, sal in onderklere paradeer. Dis nog onbekend of nuwe superma’s Candice Swanepoel en Behati Prinsloo in 2016 se Victoria’s Secret Fashion Show sal verskyn.
As jy dink vanjaar se bra is die duurste, dink weer. In 2000 het die supermodel Gisele Bündchen die duurste ene gedra – $15 miljoen (sowat R207 miljoen), om presies te wees.
En die ander bra’s:
Heavenly Star Bra van $12,5 miljoen (sowat R173 miljoen), gedra deur Heidi Klum (2001).
Sexy Splendor Fantasy Bra van $12,5 miljoen (sowat R173 miljoen), gedra deur Gisele Bündchen (2005).
Very Sexy Fantasy Bra van $11 miljoen (sowat R152 000), gedra deur Heidi Klum (2003).
Royal Fantasy Bra van $10 miljoen (sowat R138 miljoen), gedra deur Candice Swanepoel.
Lees nou
Maak geld op dié apps … met enige talent!
The post Oelala, Victoria’s Secret se fantasie-bra! appeared first on SARIE.