Die feesseisoen kruip al hoe nader. En dit gaan nie net oor geskenke kry en vrugtekoek geniet nie, maar ook oor gee. Ons gunsteling-kaalkop, Nataniël, begin nou al gee en hou konsert vir ’n goeie doel.
Hy lewer op Saterdag 5 November om 19:00 ’n skouspelagtige uitvoering by die NG Kerk Lynnwoodrif en dis net vir een doel: Om geld in te samel vir die spesiale skool Whispers Speech and Hearing Centre. Dié skool, wat kinders met gehoorgestremdhede ondersteun, opvoed en help ontwikkel, kry finansieël swaar.
Die geld wat met Nataniël se optrede gemaak word, gaan als aan Whispers geskenk word!
Alexa Strachan, kunstenaar en feesbestuurder van die Aardklop-kunstefees, se eie dogtertjie, Tana, is ook in die skooltjie.
“My en Tana se lewe, eintlik al die kinders in daardie skool se lewens, sal armer wees as die deure moet sluit,” het Alexa aan SARIE.com verduidelik.
Lees meer oor die skooltjie hier.
Kaartjies kos tussen R120 – R180 en kan by Computicket te koop word.
Lees nou
Wêreld gons oor Burberry-fliek
Johnny Depp se Lily pronk op Britse Vogue
The post Nataniël hou konsert vir goeie doel appeared first on SARIE.