Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Burry Stander se weduwee trou

$
0
0

Cherise Stander se grootste droom was om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Rio, Brasilië, verlede jaar.

En daar was ’n kans …

Maar toe gebeur dit nie. En deesdae is sy dolgelukkig met haar “nuwe lewe”. Cherise, weduwee van die Olimpiese fietsryer Burry Stander wat in 2013 tydens ’n oefenrit doodgery is, trou op 21 Januarie met die nuwe liefde in haar lewe, Benno Willeit. Benno is ’n internasionale sportbestuurder wat oorspronklik van Suid-Tirool in Oostenryk is en die pa van Cherise se agt maande oue babaseun, Thomas Burry.

Cherise sê Thomas is ’n stewige knaap wat die wêreld vol kruip.

“Niks kon my voorberei op moederskap nie. Dit is ongelooflik. Jy gaan daagliks deur soveel emosies. Soms gaan dit maar rof en jy is moeg. Thomas hou my op my voete en hy slaap ongelooflik sleg. Ons staan tot tien keer per nag op om na hom om te sien. Maar dit is ’n ongelooflike voorreg om by hom te kan wees.”

En Benno is die “wonderlikste pappa ooit”.

Thomas het haar geleer om geduldig te wees en vas te byt. “Ek dink nie ’n mens raak ooit gewoond daaraan om so min te slaap nie, maar jy druk net deur,” lag sy. Soms het jy alleentyd nodig. “Vroegoggend trap ek my fiets. Dan dink ek en kyk na die mooi om my.” Sy oefen vir die uitmergelende Absa Cape Epic-bergfietsren in Maart vanjaar wat oor sowat 800 km strek. “Ek en ’n vriendin doen dit vir die lekkerte. En om geld vir kankerpasiënte in te samel. Dis lekker om te weet ’n mens doen dit vir ’n goeie doel.”

Our special ride to remember the legend Burry Stander for a lot of people he was/is a hero and icon and to me he was that and so much more -he was my husband and my best friend. As time goes by I have learned to accept what has happened, and today I celebrated the life he had instead of mourning the one he didn’t get to live. I will always be grateful that We got to share a life together. I believe with all my heart that he brought me and Benno together and is smiling down upon us. Burry loved seeing me happy and laughing and I truly am happy again. I am so thankful to everyone that has been a part of my journey and walked this hard road with me and I know that they will always be there for me when I fall. Little Thomas Burry joined his first #iride4burry today. We will never forget you Burry Stander. Benno Willeit and I will make sure that your spirit lives on in our lives and tell Thomas Burry about the amazing person you were. #iride4burry #rememberthelegend #gonebutnotforgotten

A photo posted by Cherise Stander (@taylorchick) on

Sy sien baie uit na die klein en intieme troue. “Ek trou in ’n wit rok en ons hou dit maar stil. Ons doen dinge so ’n bietjie agterstevoor … eers die babatjie, dan die troue,’’ grap sy.

Die 27-jarige Cherise dink reeds oor ’n boetie of sussie vir Thomas. “Maar nie nou dadelik nie. Thomas moet eers deurslaap.’’

Lees nou

La La Land is nommer een!

Golden Globes: Ons skoonheidsgunstelinge

Vier name vir Rolene Strauss se baba

The post Burry Stander se weduwee trou appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294