Op 91 kan koningin Elizabeth II steeds deur ’n ring getrek word. Vir openbare verskynings is sy byna altyd onberispelik geklee in ’n snyerspakkie met ’n bypassende handsak, hoed en skoene. En ná al die jare doen sy steeds haar eie grimering en hare.
Jy sal haar ook byna nooit sonder haar bekende Launer-handsakke sien nie. Sy het glo immers 200 van hierdie luukse Britse handgemaakte leersakke. Dis so deel van haar openbare beeld soos haar kroon en Walliese herdershonde.
Maar volgens Hugo Vickers, ’n koninklike geskiedskrywer, steek daar veel meer in dié 200 handsakke. Die koningin gebruik dit om geheime tekens aan haar sekerheidspersoneel te stuur.
Vickers het twee hiervan aan die skindertydskrif People verklap.
“Ek wil klaarmaak met hierdie geselsie”
Teken: Sy skuif haar handsak van die een arm na die ander.
“Ek is gereed om aan te beweeg”
Teken: Sy plaas haar handsak op ’n tafel (soms draai sy ook haar trouring in die rondte).
The post Só weet jy koningin Elizabeth is verveeld appeared first on SARIE.