Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Zelda la Grange: Ek vra om verskoning vir kwaai Zelda

$
0
0

Ons onthou haar as oudpres. Nelson Mandela se persoonlike assistent met die reguit hare. Deesdae lyk Zelda la Grange baie meer toeganklik met haar bos blonde krulhare.

Tóé, sê sy nou, het sy as Madiba se waghond bekend gestaan – veral onder die media. “Ek dink baie mense het gedink ek is vreeslik gemeen,” lag sy en trek haar mond skeef, oë groot. “Oeps. Maar ek het nie omgegee nie, ek het dit vir hom gedoen.”

Om sy besige lewe te orden moes bomenslike energie geverg het, maar Zelda is ironies genoeg nou eintlik nog meer aan die gang.

“Die krulle . . . ek het net laat gaan. ’n Mens kan nie alles beheer nie.”

FOTO: Zelda met haar peetkind en haar krulhare

 

Sy bestel ’n cappuccino by ’n hotel waar ons ontmoet in Irene, naby haar huis in Pretoria, en skuif gemaklik terug op die rusbank in die koffiekroeg.

“Ek vra al die afgelope drie jaar vir mense om verskoning oor kwaai Zelda. Miljoene mense wou elke dag iets van Madiba hê en dit was my werk om hom te beskerm.”

“Mense kom nou na my toe en sê: ‘Ons het jou daai dag iets gevra en jy’t net eenvoudig nee gesê.’ Dan moet ek verduidelik, dis nie wie ek is nie, dit was my werk.”

Noudat sy vir haarself werk as motiveringspreker, doen sy die teenoorgestelde, sê sy. “Dis vir my baie moeilik om vir mense nee te sê en my eie tyd te beskerm. Maar eintlik is ek ’n vreeslike introvert en ek raak heeltemal uitgeput as ek te besig is en heeldag mense sien.

“Madiba was sy eie grootste vyand waar dit by sy dagboek gekom het, en ek is nou ook. Ek kort my eie Zelda!”

Kom luister na Zelda la Grange by SARIE se fees op 16 Maart om 10:00 by die Atterbury-teater, Lynwoord Bridge-winkelsentrum in Pretoria. Kry jou kaartjie by Computicket, klik HIER.

SARIEfees A1 poster_ZeldaJohrne

 

Lees nou

Zelda se boek in 13 tale vertaal!

The post Zelda la Grange: Ek vra om verskoning vir kwaai Zelda appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294