Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

SA se ‘Piano Man’ speel op Tafelberg

$
0
0

Vandag is heel gepas Wêreldklavierdag: Dis die 88ste dag van die jaar, en ook hoeveel klawers daar op ’n klavier is. Om die dag te vier is die talentvolle Charl du Plessis en 14 ander bekende pianiste soos Rocco de Villiers op Tafelberg – al spelend op ’n klavier. Ja, daar is vandag ’n klavier op Tafelberg!

Charl was die eerste wat met die klawers getoor het en het George Gershwin se “Rhapsody in Blue” gespeel. Die konsert hou nog tot 16:00 aan.

Hy was ook die eerste een wat al ooit op Tafelberg klavier gespeel het!

“Die atmosfeer is ongelooflik, dis windstil en die dag net perfek. Elke dag kyk ek vas in die beeld van swart en wit klawers, vandag was daar ook die breathtaking uitsig rondom my. En die mense, van oral in die wêreld, was so verbaas en verras,” het Charl aan SARIE.com vertel.

Charl en drie ander pianiste het ook ’n stuk uitgevoer wat 40 vingers benodig.

“Dis beslis ’n dag van eerstes.”

Luister na Charl se pragtige uitvoering van “Somewhere Over the Rainbow”:

Lees nou

Zetske van Pletzen kry haar graad

Steeds verlief, sê boer Hennie & Jacobu

’n Goeie week vir lokettreffer Beauty and the Beast

The post SA se ‘Piano Man’ speel op Tafelberg appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


[Resep] Pampoensop


Hygliteratuur: Buurtwag II


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!