Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Elma Postma oor haar huwelik, nuwe lewe

$
0
0

Dis al tien jaar sedert sy 7de Laan verlaat het, maar Elma Postma se karakter bly steeds een van die kykers se gunstelinge. Mense kom groet haar nou nog as “Dezi” wanneer sy haar inkopies doen.

“Dit het darem al baie bedaar,” lag sy en skud haar kop as sy terugdink aan die vroeë jare in die Laan. “Dit was intens! Dit was my eerste TV-werk ná universiteit en skielik kon ek hoor hoe mense fluister – ‘Is dit sy?’. Dis vreemd as onbekendes jou naam ken en met jou kom gesels. Dizzying.”

Op 38 is sy ’n ander mens as toe sy die eerste keer as die skamerige nuwe kelnerin op TV verskyn het. En deesdae is haar lewe rustiger.

“Mettertyd word bekendheid minder belangrik, en soms moeilik – almal weet alles van jou. Deesdae probeer ek meer van myself, my hart, beskerm.”

Dié dat haar troue in Desember verlede jaar nie vreeslik in die nuus was nie. (Sy het wel gekies om dit met SARIE.com te deel.)

FOTO Anne Grace Photography

FOTO Anne Grace Photography

“My man, Paul Potgieter, is ’n wiskundeprofessor. Dis vir my so lekker om getroud te wees – om daardie ondersteuning te hê. Ek moet erken, ek was ’n wrak die oggend van die troue! Ek het nooit besef hoeveel werk dit is om so iets te reël nie.

Maar toe my rok en grimering aan is, het ek ontspan, en alles was net lieflik. Ek was mál oor my vintage-styl skepping van Anel Botha Couture. Sy het vir my die perfekte rok gemaak.”

FOTO Anne Grace Photography

FOTO Anne Grace Photography

Waar gaan jy vir Elma vanjaar kan sien?

• Via se realiteitsreeks Plaaskombuis

• Die SABC3-sepie Isidingo

• Haar enkelvrou-verhoogstuk uit haar eie pen, Semi’naar’: Die masker maak die mens. 

Oor laasgenoemde sê sy:

Ek dink vroue dink te min van hulself. Ons moet liewer wees vir onsself. Sien jou eie potensiaal raak – jy is mooi genoeg, mooier as wat jy dink, jy’s die moeite werd. Dis iets wat ek deur die jare geleer het en ek hoop ek kan só, iewers, ’n verskil maak.”

Lees meer oor ons onderhoud met Elma en Nina Swart is ons April-uitgawe van SARIE – nou te koop!

APRIL 2017 Cover

Lees nou

FOTO’S: Elma Postma se groot dag

10 feite oor 7de Laan se Marko

Kyk vanaand: Wilmien, Dezi en Karien kuier in die Laan!

The post Elma Postma oor haar huwelik, nuwe lewe appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294