Rozanne McKenzie en haar man, Chris Bishop, gaan nog ’n baba ryker word. Rozanne is vier maande swanger en die nuweling word teen middel-September verwag.
“Ons het so Maart verlede jaar besluit ons wil ’n tweede kind hê, want ek raak ouer. Die voorbehoeding-inplanting in my arm moes eers verwyder word en dit neem ongeveer twee maande vir jou lyf om dan te normaliseer. Ek en Chris het op Welwillendheidsdag in Desember uitgevind ek is swanger. Ons het dit vir so lank as moontlik ’n geheim gehou.”
Hul seuntjie, James, wat amper drie jaar oud is, is nou hul eerste prioriteit, sê Rozanne.
“Ons probeer soveel as moontlik tyd saam met hom deurbring en hom stap vir stap voorberei op die nuwe baba. Ons gaan ’n vreeslike groot fuss van sy verjaardag oor twee maande maak.” Hulle weet nog nie of dit ’n dogtertjie of seuntjie is nie. “Soms kan mens al op 13 weke die geslag sien, maar dié enetjie sit nie stil nie. Die dokter kon nog nie die geslag duidelik met ’n sonar-ondersoek sien nie.”
A post shared by Rozanne McKenzie (@rozmckinsta) on
Tog dink Rozanne dit is dalk ’n dogtertjie, want sy voel anders as met die eerste swangerskap. “Ek is baie meer emosioneel en raak gou kwaad as ek nie my sin kry nie.”
Intussen gaan Rozanne voort met haar werk as TV-aanbieder en radio-omroeper. Sy bied tans Flits en Nasie in gesprek op kykNET aan en is soggens ’n omroeper op Jacaranda FM.
Lees nou
Jesse Eisenberg verwelkom eersteling
Is dit Kate Hudson se nuwe kêrel?
The post EKSKLUSIEF: Rozanne McKenzie se 2de baba op pad appeared first on SARIE.