Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dewald Wasserfall deel musiekvideo

$
0
0

Suid-Afrika is deur die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) tot rommelstatus afgegradeer. Korrupsie vier hoogty. Geweld, misdaad, armoede. Dis met al die negatiwiteit om ons dat die Afrikaanse sanger Dewald Wasserfall geïnspireer is om ’n lied, “Laat die lig inkom”, te skryf.

“Ek was moeg vir al die negatiwiteit rondom ons. Dit was te midde van die Oscar Pistorius-saak en Nkandla-saga. Alles om my was toksies en negatief. Ek wou iets skryf om myself net weer ’n bietjie die lig te laat sien,” het Dewald aan SARIE.com gesê.

“Die lied gaan daaroor om te vergeet van die verlede se gevegte en seer, en te fokus op die toekoms. Om die goeie in jou lewe toe te laat, en afstand te doen van die sleg. Om jou eie lig te skep in tye van donker.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Dewald beskou musiek as die ideale platform om mense se harte te verander.

“Die idee met hierdie lied is beslis om te probeer hoop gee, maar ek dink nie alle liedjies hoef dit te doen nie. Hoewel sekere liedjies ’n mens moet laat dink, is dit soms ook nodig om net te dans.”

Dewald deel “Laat die lig inkom” se musiekvideo eksklusief op SARIE.com.

Sien dit eerste hier:

’n Besige jaar lê vir Dewald voor. “Ek sien veral uit na Inniebos, Afrikaans is Groot asook ’n toer na Doebai en Egipte in Mei.”

Vir meer inligting oor al Dewald se opwindende nuus en optredes besoek sy webtuiste.

Lees nou

Franja du Plessis lyk nes ma Juanita

Baba no. 3 vir Jana Strydom

Reese Witherspoon kry ’n nuwe werk

The post Dewald Wasserfall deel musiekvideo appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles