Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Mej SA: Ek het geweet ék gaan wen

$
0
0

“Ek wil nog steeds oor my skouer loer en seker maak dis my naam wat uitgelees is as die wenner,” vertel Demi-Leigh Nel-Peters oor die aand toe sy as Mej. SA gekroon is. 

Demi-Leigh is uit duisende hoopvolles gekies om uiteindelik daai aand die verhoog met 12 ander mooi en mededingende finaliste te deel. “Elkeen van ons het dieselfde droom gehad.”

Finding it hard to put into words how I’m feeling. How do you even begin to try and describe the night your life changed forever. The one word that keeps on popping into my head is gratefulness. I’m eternally grateful that the judges and you guys got to see and hear a bit of my heart, for not giving up on dreaming this dream with me and also now for the opportunity I have to serve my country, to be an ambassador for the initiatives Cell C and Sun Int have set out. Before I was crowned I promised to see and meet as many of my fellow countrymen and I plan on doing just that. I can’t wait to travel all over the country, to big cities and small towns to get to know you. I’m reminded today of a quote by Maya Angelou,” I come as one but I stand as ten thousand” I carry every message of support, encouragement and well wishes in my heart. Every phone call every letter and every prayer. I thank you for giving me the strength of ten thousand. Now, let’s go and change the world, one smile at a time. All my Love, Demi-Leigh – Miss South Africa 2017 (eeek

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demi_leigh_np) on

Op die vraag oor wie sy gedink het gaan wen, is Demi-Leigh verfrissend eerlik en opreg: “Ek het gedink ék gaan wen. As ek nie in myself glo nie, wie sal? Ek het besluit om regdeur die wedstryd op myself te fokus, nie op die ander deelnemers nie. Ek het die heeltyd gepraat asof ek gaan wen en myself ingedink hoe ek die jaar wat voorlê, gaan leef as ek wen. Wat jy uitspreek is wat jy glo en wat jy glo is wat jy bereik.”

En daardie oomblik van stilte voordat jou naam aangekondig word? Dit moet soos ’n uur voel.

“Die wêreld staan stil. Eintlik staan dit nog ’n paar keer elke dag stil. Ek weet nie of ek die heeljaar so gaan voel nie.” Demi-Leigh se ouers is geskei toe sy baie klein was. Hulle het albei weer getrou en sy het met twee hegte gesinne grootgeword. Vandaar haar dubbeldoorvan Nel-Peters (Nel is haar ma se nooiensvan en Peters haar pa se van).

Demi-Leigh sê sy is nie net Mej. SA vir haarself nie, maar ook vir haar halfsussie, Franjé. Franjé, haar pa en stiefma se dogter, is tien jaar jonger as Demi-Leigh en gestremd omdat sy sonder ’n serebellum (klein brein) gebore is. ’n Opgeleide versorger sien tuis na haar om.

“Sy gaan nooit die geleentheid kry om op ’n atletiekbaan te hardloop, poeding op haar eie te eet of om aan Mej. SA deel te neem nie,” sê Demi-Leigh. “Ek werk twee keer so hard sodat ek dié dinge vir ons al twee kan doen. Omdat sy nie bewus is van wat om haar aangaan nie, weet sy nie ek is gekroon nie. My wens vir haar is om nie te ly nie en gemaklik te lewe.”

What a surreal moment seeing my first cover next to inimitable Rolene Strauss

A post shared by Demi-Leigh Nel-Peters (@demi_leigh_np) on

Demi-Leigh sien baie uit daarna om deel te neem aan die Mej. Wêreld- of Mej. Heelal-kompetisie. “As ek een moet kies, sal ek aan Mej. Heelal wil deelneem.”

En haar gunsteling-Mej. SA van alle tye? Melinda Bam. “Sy is ’n groot inspirasie vir my. Sy het ’n pragtige hart. Sy het die afgelope week uitgereik na my. Ek ken haar al van voor die Mej. SA-kompetisie omdat ons al twee by dieselfde modelagentskap, Boss Models, is. Sy is vir my soos ’n ouer sussie.”

Lees nou

Beste stewel voor – jou gids vir die winter

Franja du Plessis lyk nes ma Juanita

Babatee vir Steve en Janine Hofmeyr

The post Mej SA: Ek het geweet ék gaan wen appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Latest Images

Trending Articles


Jan van Tonder (1954–)


Maar een Suid-Afrika


Wil jy dans?


Skoolnotas: letterkunde-begrippe


Gedig: In die klein gemeentes


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


7 vlekke wat ’n student moet kan verwyder


Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!