Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Só skryf jy ’n wenbrief, sê Minki

$
0
0

Hoe skryf jy ’n brief vir ’n boer wat jy nog nooit ontmoet het nie? Hoe staan jou brief teenoor die ander uit? Minki van der Westhuizen, aanbieder van die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou se 10de seisoen, gee raad!

Op Vrydag 26 Mei om middernag is die kans verstreke om vir een van die 10 boere te skryf. Jy kan hier inskryf. Opskud, opskud!

“Die boere het min tyd, so jou brief moet uitstaan!” sê Minki.

#boerstoffel #bsv10 #GroterBeterBoer #minkivanderwesthuizen @kyknettv

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Hier’s Minki se wenke:

1. Hou dit kort en kragtig. Moenie al jou kaarte speel nie, gee ook ’n bietjie misterie. Die boere het nie tyd vir lang briewe nie.

2. Sê wat jou geloofsoortuiging is. Dis baie belangrik vir die boere.

3. Noem jou stokperdjies en vertel die boer waarvan jy hou.

#boerjacques #bsv10 #GroterBeterBoer #minkivanderwesthuizen @kyknettv

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

4. Vertel die boer wat jou liefdestaal is. As jy floreer op mooi woorde, sê vir jou boer. Dit gee hom ‘n idee.

5. Jou foto moet natuurlik wees en moet onlangs wees. Less is more.

En moet jy die brief versier? “Dit hang af van persoon tot persoon. Ek sou dit nie gedoen het nie, ’n brief en foto is genoeg vir my. Maar dis net ek!”

Mooie Minki sien uit vir die nuwe seisoen. “Ek hoop regtig vanjaar se boere vind liefde. Met my hele hart hoop ek dit!”

Agter elke vrou staan daar ñ sterk en suksevolle man!! @ernstjoubert #dankiemylief #lifepartner #husband #mylove #grateful #incrediblyblessed

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Vir meer inligting klik hier.

The post Só skryf jy ’n wenbrief, sê Minki appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294