Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Leah deel 5 skoonheidsgeheime

$
0
0

As klein dogtertjie was die Afrikaanse sangeres Leah reeds ambisieus. “As iemand vir my gesê het ek kan iets nie doen nie, sou ek dit juis doen om vir hulle te wys dat ek kán.”

“Musiek inspireer my en dis ’n voorreg om dit vir ’n lewe te kan doen. In moeilike tye dryf dit my om positief na ’n situasie te kyk.”

Leah se dagboek bly altyd propvol. Wat is haar grootste skoonheidsgeheime?

Die blondekop en blouoog deel haar 5 wenke spesiaal met SARIE.com.

1. Drink baie water

“Ek probeer om baie water te drink. Soms vergeet ek, maar ek voel baie goed as ek genoeg water drink.”

2. Probeer om elke maand vir ’n gesigbehandeling te gaan

“Ek sien die verskil in my vel. En dis belangrik om jouself te bederf en om jou vel mooi op te pas.”

3. Kry die regte gesigprodukte vir jóú vel

“Ek het baie gesukkel met my vel toe ek jonger was en moes ’n dermatoloog raadpleeg oor die regte velsorgprodukte vir my. Nou werk my vel ook sommer saam.”

Dis @kknkfees tyd!! Ek is oppad!! 5pm Huisgenoot Verhoog, 6pm RSG Verhoog en 8:30 Brian’s Grill, see ya there!!!

A post shared by Leah [Official] (@leahmusieksa) on

4. Oefen gereeld

“Die motivering is soms moeilik, maar ek gaan gim toe en doen een keer per week Body20, wat net 20 minute is. Verder spring ek op en af op die verhoog, so dis seker ook my oefening.”

@ghoemas terugflits… Love hierdie kiek! Carike Nel Designs Loci Photography

A post shared by Leah [Official] (@leahmusieksa) on

5. Pas jou hare mooi op

“Ek het baie dun hare en probeer om nie my hare te veel te kleur nie.”

Nee kyk, ek is maar ‘n somerskind… Klem op die ‘kind’ deel #dubaifuif #mydubai #supertubemynou

A post shared by Leah [Official] (@leahmusieksa) on

The post Leah deel 5 skoonheidsgeheime appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


LêNet: Verslind


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Hygliteratuur: Buurtwag II


LêNet: Seks


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!