Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Jo Black verklap die waarheid agter foto

$
0
0

Die Afrikaanse sanger Jo Black, oftewel die man met die baard, het vandag Jacaranda FM-luisteraars behoorlik laat gons. Eers het hy die goeie nuus gedeel dat sy album Skepe platinumstatus bereik het, toe word sy legendariese baard “afgeskeer!”

Jo Black het vanoggend gekuier by Martin Bester en Tumi Morake op Jacaranda FM. Tydens die ontbytprogram het luisteraars begin stem of Jo sy legendariese baard moet skeer.

Music is more than just a song. It needs soul . #joblack #music #inhoudhuis #beard #tattoo

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

Jacaranda FM het tydens die onderhoud dié video op hulle Facebook-blad gedeel:

Die onderstaande foto is daarna wyd en syd op sosiale media platforms gedeel. En duisende mense dink dat die skoon geskeerde Jo Black presies soos George Clooney lyk! Selfs Karlien van Jaarsveld het kommentaar gelewer dat hulle na mekaar lyk.

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

Jo het egter laat weet dat die foto gedokter is en dat sy baard nêrens heen gaan nie!

Guess who??? . #beard #tattoo

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

Suid-Afrika het verlede jaar vir Jo Black behoorlik leer ken as die sangsensasie met die groot baard en diep stem. Nou verkoop sy debuut-album Skepe soos soetkoek. Die musiekvideo vir sy liedjie “Skepe” het verlede jaar as nommer een op iTunes in Suid-Afrika geëindig. Dis al meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Vir Jo voel als nog onwerklik. “Dis nog soms oorweldigend. Ek word nog elke keer onkant gevang as iemand my herken in die publiek. Ek weet nie hoe raak mense gewoond daaraan nie, dis iets nuuts, maar ek moet sê dat dis great om die impak te sien wat my musiek maak,” het Jo aan SARIE.com gesê.

The post Jo Black verklap die waarheid agter foto appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


'n Knippie sout


Mikrogolf-wortelkoek