Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Aktrise Jana Kruger verklap baba se naam

$
0
0

Eersdags is daar ’n bondeltjie vreugde in haar arms. Maar tot dan wag die pragtige aktrise Jana Kruger (Strydom) vir haar derde kind se koms. Sy het reeds twee pragtige kinders, Ohan (7) en Luka (4).

Die geslag van haar nuweling is ’n dogtertjie!

Jana, wat SARIE se Augustus-voorbladster was, het onlangs aan Huisgenoot verklap dat hulle haar Anouk gaan noem, wat “genade” beteken.

In SARIE se Augustus 2017-uitgawe het sy oor ma-wees gesels:

Vir nou ou is haar fokus eers op haar gesin. “En as dit só moet wees vir die volgende tien jaar, is dit ook goed. Die tyd wat jou kinders klein is, is kort. As ek heeldag kla omdat ek nie nou kan werk nie, is ek besig om myself én hulle ’n onreg aan te doen. Ek gebruik eerder ons tyd om hulle te leer om die uitdagings van die lewe – eendag – so goed as moontlik te hanteer. Want ons almal weet daar is oorgenoeg: teleurstelling, verwerping, mislukking.”

The post Aktrise Jana Kruger verklap baba se naam appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Die kuns van koeksisters bak


Dadelpoeding


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


My eerste keer (Deel II)


Kry al vanaand se Kom Ons Braai-resepte hier


So vou jy die perfekte paslaken