Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

VIDEO: Bekende anoreksie-lyer nou beter

$
0
0

Vroeër vanjaar het ’n anoreksie-lyer, die Amerikaner Rachael Farrokh, se pleidooi om hulp viral gegaan. Sy het die afgelope drie maande heelwat gewig aangesit en help nou ook ander wat aan dié eetversteuring ly, berig CNN

Rachael, wat sowat 1,7 m lank is, het in April 18 kg geweeg – volgens Health24 is dit die gemiddelde gewig van ’n 4-jarige. Sowat $200 000 (meer as R2,5 miljoen) is met haar GoFundMe-blad ingesamel en sy kon die nodige mediese behandeling ontvang – en dit het gewerk!

FOTO:  CNN

FOTO: CNN

Dié 37-jarige het op haar Facebook-blad geskryf: “Ek is weer opgewonde oor die lewe … My kop is skoon en sterk. Dit is my doel om mense bewus te maak en in te lig en in die proses ander te help wat ook met dié versteuring sukkel.”

Welgedaan, Rachael!

Bronne: CNN en Health24

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting

The post VIDEO: Bekende anoreksie-lyer nou beter appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294