Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Nicole Scherzinger en Lewis Hamilton weer saam?

$
0
0

Dalk ’n geval van ou liefde roes nie? Gerugte doen die ronde dat die voormalige glanspaar Nicole Scherzinger en Lewis Hamilton wéér saam is, berig Hello!.

Dié twee se paadjies het in Februarie vanjaar geskei, maar hulle is Vrydagaand saam by ’n Londense nagklub afgeneem. Die skindertonge sê hulle het wel met twee karre daar opgedaag.

Volgens Daily Mail sê Nicole se verteenwoordiger die sangeres en die renjaer het mekaar toevallig raakgeloop en ontken ’n verhouding tussen hulle.

Nicole en Lewis het van November 2007 tot Februarie 2015 ’n aan-af-verhouding gehad.

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook

ZZZ

Lees hier vir meer inligting

The post Nicole Scherzinger en Lewis Hamilton weer saam? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294