Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Was Khloé Kardashian onder die mes?

$
0
0

Die bekende realiteitster Khloé Kardashian was vanjaar gereeld in die nuus oor haar gewigverlies van 15 kg. Maar nou lyk dit of sy nóg ’n transformasie ondergaan het …

Nadat kritici uit verskeie oorde gesê het dat Khloé plastiese chirurgie ondergaan het, het sy op die Keeping up with the Kardashians-app gereageer, berig Daily Mail. Sy skryf sy het nie vullers of operasies ondergaan nie. Sy glo om jou skoonheid op dié maniere aan te vul is nie verkeerd nie en sy sal dit in die toekoms oorweeg, maar voel dit is nog nie nou nodig nie.

Khloé sê sy lyk gereeld “anders” omdat haar grimeerkunstenaars kundiges is met kontoere. Sy sê dit is byna soos om elke dag aan haar neus te laat werk.

Kyk na dié foto’s en laat weet ons hieronder wat jy dink:

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Lees ook

 

 

The post Was Khloé Kardashian onder die mes? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294