Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Oprah verdedig die Kardashians

$
0
0

Ná Rebel Wilson verlede week gesê het die Kardashians het hul roem om die verkeerde redes verwerf, het die glanspersoonlikheid Oprah dié bekende familie verdedig, berig Huffington Post

Die 61-jarige kletskoningin het vroeër vandeesweek tydens ’n onderhoud gesê die Kardashians was in 2012 deel van haar TV-program Oprah’s Next Chapter en sy kon nie glo hoe hard hulle werk nie.

Volgens Oprah werk die Kardashians vir ure aaneen voor die kameras aan hul program, Keeping Up with the Kardashians. En om heeldag voor die kamera te wees, is geen maklike taak nie.

Oh just me & @oprah!!! Can’t wait for you to see “Oprah’s Next Chapter” this Sunday!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Volgens Vanity Fair sê Oprah verder Lindsay Lohan is ’n voorbeeld van hoe die druk van ’n realiteitsprogram iemand kan knak. Sy kon nie haar lewe op ’n natuurlike manier voor die kameras uitbeeld in Nobody’s perfect … Lindsay nie en die program is in sy tweede seisoen gestaak.

Dié program is op Oprah se TV-netwerk, OWN, uitgesaai. Die Kardashians doen iets reg, want hul program is steeds baie gewild en die publiek kry nie genoeg daarvan nie.

Die 10de seisoen van Keeping with the Kardashians is tans op die kassie.

Bronne: Huffington Post en Vanity Fair

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!

The post Oprah verdedig die Kardashians appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294