Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Hugo Ludik laat haal sy mangels uit + 5 tekens jou mangels moet uit

$
0
0

Een van die lede van die gewilde musiekgroep ADAM, Hugo Ludik, het vanoggend sy mangels laat uithaal. 

“Ek kry gereeld keelinfeksie en wil dit graag stopsit”, het Hugo aan Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, vertel. Die 32-jarige het net voor die operasie dié foto van homself in sy hospitaalbed gedeel.

A photo posted by @hugoludik_adam on

Hoewel dié operasie meer algemeen is onder kinders, is dit soms ook nodig dat volwassenes hul mangels laat verwyder.

Volgens New Health Guide dui dié 5 simptome daarop dat dit tyd is om jou mangels te laat uithaal:

1. Herhaaldelike infeksies – Herhaaldelike virale mangelontsteking, so 5 – 6 keer per jaar, is gewoonlik ‘n aanduiding dat jou mangels uitgehaal moet word. Jou dokter sal bepaal of dit inderdaad mangelontsteking is, en nie dalk ‘n ander toestand wat jou seer keel veroorsaak nie.

2. Toename in snork – Wanneer jou mangels geswel is, sal jy meer én harder as gewoonlik snork.

3. Slaapapnee – As gevolg van erge swelling van die mangels kan slaapapnee voorkom. Dit beteken die lug na jou keel word geblokkeer en jy hou vir ’n oomblik op asemhaal.

4. Sukkel om te sluk – Wanneer jou mangels te seer is om te sluk of dit selfs moeilik is om te kou, moet dit verwyder word.

5. Gereelde oorinfeksie – Jou keel en jou ore is verbind deur die asemhalingstelsel. Wanneer jou mangels ontsteek is, sal dit heel moontlik ook infeksie van die adenoïede (neusmangels) en jou ore tot gevolg hê.

Sterkte Hugo, ons hoop jy voel gou beter!

Lees ook

The post Hugo Ludik laat haal sy mangels uit + 5 tekens jou mangels moet uit appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294