Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Fleur du Cap-benoemings: Anthea Thompson, Anna-Mart en nóg

$
0
0

Anthea Thompson, Sandra Prinsloo, Jana Cilliers, Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellerman en Rolanda Marais. Al dié aktrises kan jou in ’n oogwink hoendervel gee. En vanjaar is hierdie ikone vir ’n Fleur du Cap-teatertoekenning benoem.

Die talentvolle Anthea Thompson is benoem in die kategorie beste ondersteunende aktrise vir haar rol in Cry Havoc. Dié gesogte benoeming is vir haar ’n groot verrassing, het sy aan SARIE se styl- en sosiale redakteur Fanie Cronjé, vertel.

Cry Havoc was ’n klein onafhanklike produksie wat by ’n klein teater in Rosebank, Johannesburg, opgevoer is. Die gehoor was klein en die speelvak was nie eens ’n volle week nie.”

Anthea het saam met twee jong akteurs, wat pas hul studies aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, in die produksie gespeel. Dié universiteit is ook haar alma mater.

“Wat wonderlik is, is dat die beoordelaars nie net na groot of kommersiële produksies kyk nie. Maar hulle gee ook ondersteuning en ’n geleentheid vir kleiner stukke,” het sy gesê.

Anthea werk tans aan die eenvroustuk My briljante egskeiding, Hennie van Greunen se vertaling van Geraldine Aron se wêreldtreffer My brilliant divorce. Lees ook ons kort onderhoud met Anthea in die April-uitgawe van SARIE wat vanaf 14 Maart te koop is. SARIE is ’n trotse mediavennoot van dié stuk.

Anton Tsjechof se Die Seemeeu het die Fleur du Cap-benoemings ingeryg en het in elke spelkategorie ’n benoeming losgeslaan. Die pragtige Rolanda Marais, wat tans in Istanbul vir haar Turkse wittebrood is, is vir beste aktrise benoem. Die regisseur, Christiaan Olwagen, het ook ’n benoeming as beste regisseur hiervoor gekry.

Die Laan se Christo Davids (Errol) is as nuwe regisseur vir die gesogte Rosalie van der Gucht-prys benoem. Christo het verlede jaar onder meer die regie vir die eenvroustuk Woman Alone met Lee-Ann van Rooi behartig.

Van veteraan-akteurs tot jong uitblinkers, hierdie akteurs is van Suid-Afrika se talentvolste verhoogkunstenaars.

Klik HIER vir ’n volledige lys van die benoemings.  

The post Fleur du Cap-benoemings: Anthea Thompson, Anna-Mart en nóg appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294