Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Miljoene vir dié babafoto’s

$
0
0

Wanneer bekendes aankondig dat hulle ’n baba verwag, is die nuuskierigheid gewoonlik groot oor hoe die nuwe dingetjie gaan lyk. Maar een publikasie is só gretig dat hulle miljoene vir die foto’s van die glanspaartjie Rob Kardashian en sy verloofde, Blac Chyna, se ongebore baba wil betaal. Daar’s glo reeds onderhandel om $1 miljoen (sowat R15 miljoen) te betaal, berig TMZ.

Hulle is egter nie al bekendes wat groot geld met babafotos verdien het nie.

Jessica Alba – $1,5 miljoen (sowat R24 miljoen)

 

Nicole Richie – $1 miljoen (sowat R15 miljoen)

 

Matthew McConaughey – $3 miljoen (sowat R47 miljoen)

 

Angelina Jolie en Brad Pitt – $14 miljoen (R221 miljoen)

MÉXICO, D.F. Cine-Jolie-Pitt-Mellizos.

Dié paartjie het nie die geld in hul sakke gesteek nie, maar dis aan hul organisasie, die Jolie-Pitt Foundation, geskenk.

Die koms van ’n baba is ’n opwindende tyd. En ’n mens neem geen ouer, bekende of nie, kwalik wat foto’s neem nie.

Kyk net hoe lyk ons eie Suid-Afrikaanse bekendes en hul babas:

Janez Vermeiren

Family cuddles @vincent_vermeiren @julianavasconcelosss @marivromeiro A photo posted by Janez Vermeiren (@janez_vermeiren) on

 

Emo Adams

 

Bobby van Jaarsveld

Daars Niks beter as liefde nie. Nothing beats this feeling. #ThatsMyGirl #Armani A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

 

Jo-Ann Strauss

Lees nou

Dís hoe Nadia gewig verloor voor troudag

Prins Harry onthou sy ma by pretpark

Charlize lei stryd vir gelyke betaling – en wen!

The post Miljoene vir dié babafoto’s appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294